Hier is die wenners van die #ReismierAvontuur-fotokompetisie, geborg deur Lekkeslaap en Printwild.

Eerste plek

Wanneer jy na Wihan Swanepoel se foto kyk, kan jy sommer die moerkoffie ruik. Dit vang daai spesiale oomblik vas: Om na ‘n lang dag te sit, vir die son te kyk en te ontspan met ‘n blikbeker vol koffie. Marzahn Botha, ‘n professionele fotograaf en een van die beoordeelaars stem saam. “Die foto is gelaai met emosie en praat met die kyker. Dit is gelaai met emosie, die kleure is warm en nooi jou uit om deel te wees van die foto. Die foto maak swerflus binne my wakker, ek wil ook nou met skemertyd ‘n koppie boeretroos op ‘n berg drink en die natuur indrink.”

Wihan het die foto tydens ‘n staptog na Golden Gate geneem. Hy wen ‘n R2000 geskenkbewys van Lekkeslaap.

RA2_kamp

Tweede plek

Marina Labuschagne se foto was ook die leserskeuse, sy het die meeste stemme vir haar foto ontvang. Marina se foto spreek van die oop pad, spontane reise en om soms die grondpad te neem. Haar foto vang die avontuur van ‘n Namibiese padvakansie vas, die oop ruimtes en blou lug wat vir ewig bo jou uitstrek.

Marina wen ‘n R1000 geskenkbewys, van Printwild.

IMG_3617-3

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *