Eerste plek: Riaan Victor se Tafelberg

Tafelberg is vir Suid-Afrika wat die Vryheidsbeeld vir die VSA is. Dit is een van ons land se ikone en duisende, (indien nie miljoene) foto’s word jaarliks van die landmerk geneem. Die gevolg is dat dit gou in ’n cliché kan verander; die ge-ykte prentjieposkaartfoto wat ‘n mens so dikwels sien.
Riaan wys vir ons Tafelberg met ’n ander baadjie. Hy het ’n stadige sluiterspoed gebruik om die water ’n sagte, waserige effek te gee. Die berg is ook nie die fokuspunt nie. Jy sien eerste die rowwe tekstuur van die rotse raak, voor jou oog gelei word na die kenmerkende buitelyne van die Kaapstad-ikoon. Die wit-en-swart gee dit amper ’n wispelturige, melancholiese atmosfeer. Dis iets wat ons beslis sal wou vergroot en in ons huise hang. “Tafelberg” was ook die Reismier-lesers se keuse.
Riaan wen ’n R3000-koopbewys, geborg deur Cape Union Mart.

unnamed-4

Tweede plek: Straatmusikante, Johnny Barrington

Die fotograaf Henri Cartier-Bresson het gepraat van “The Decisive Moment”, daardie oomblik wat ’n fotograaf vasvang om mening aan ’n gebeurtenis te gee. Johnny het dit goed reggekry om ’n teer oomblik tussen die twee musikante op film vas te lê. Die foto is gevul met emosie en tekstuur, die voorste man se gesig, vol van plooie kontrasteer met die musikant agter hom, wat uit fokus is. Dit is ’n goeie uitbeelding van die diversiteit van Suid-Afrika en sy inwoners.
Johnny wen ’n R1500-geskenkbewys, geborg deur Cape Union Mart.

v&a 039-1-2_HDR

Derde plek: Transkeise seun, Erlo Brown

In Afrika moet ’n mens maar gou ’n plan kan maak. Dit is presies wat die seun gedoen het, deur vir hom ’n “hibriedfiets” aanmekaar te timmer. Die seun maak ’n interessante onderwerp, maar dis Erlo se plasing wat die foto so besonders maak. Hy is reg in die middel en word geraam deur die perspektief van die teerpaaie. Daar is ook nêrens lastige skadukolle wat pla nie.
Erlo wen ’n R500 geskenkbewys, geborg deur Cape Union Mart

unnamed-5

6423 Cape Union Mart logo new


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “Wenners van die #MySA-fotokompetisie, geborg deur Cape Union Mart