Hoe lyk jóú Suid-Afrika? Is dit die buitelyne van ’n windpomp agter ’n sonsondergang, of ’n helder glimlag van die reënboognasie? Deel jou trots Suid-Afrikaanse foto in Die Reismier en Cape Union Mart se #MySA-fotokompetisie en wen groot.

Die kompetisie is nou gesluit.

6423 Cape Union Mart logo new

Die reiswebwerf Tripadvisor het onlangs Suid-Afrika as een van die lande wat hul gebruikers die graagste sal wil besoek aangewys. G’n wonder nie: Met sy uitgestrekte kuslyn, boslewe en diverse landskappe kan Suid-Afrika by die gesogste lande kers vashou.
Die Reismier en Cape Union Mart is trots Suid-Afrikaans en ons wil jou reisfoto’s wat die skoonheid Suid-Afrika uitbeeld, sien. Daar is lekker pryse op die spel. Die wenner van die kompetisie kry ’n R3 000-geskenkbewys van Cape Union Mart. Hiermee kan jy allerlei buitelugkatoeters en 
-klere koop. Die tweede prys is ’n R1 500 geskenkbewys en in die derde plek kry iemand ’n R500 geskenkbewys.

Die reënboognasie maak van ons mense 'n interessante klomp. Foto: Carla Lewis-Balden

Die reënboognasie maak van ons mense ‘n interessante klomp. Foto: Carla Lewis-Balden

Skryf só in

Daar is twee maniere om in te skryf:

E-pos
Stuur jou foto per e-pos aan info@reismier.com. Die foto’s moet groot genoeg wees om aanlyn te publiseer. (Tussen 250 KB en 500 KB is ’n goeie grootte.)
Sê in die aandagveld: #MySA-fotokompetisie. Onthou om te noem waar die foto geneem is. Gee ’n kort beskrywing van die foto en bestemming − nie meer as 50 woorde nie. Inskrywings moet jou naam, van en kontakbesonderhede bevat.

Twitter
Twiet jou foto aan @DieReismier en @capeunionmart en sluit #MySA by die twiet in. Sê waar die foto geneem is. Jou Twitter-foto hoef nie 500 KB groot te wees nie, maar maak seker dat jy wel die foto in ’n 500 KB jpeg-formaat het, sou jy as finalis gekies word.

Let wel: Slegs een foto-inskrywing per persoon. Foto’s wat oor Facebook aangestuur word sal nie aanvaar word nie.

Windpompe en en Suid-Afrika se uitgestrekte landskappe is sinoniem met mekaar. Foto: Carla Lewis-Balden

Windpompe en en Suid-Afrika se uitgestrekte landskappe is sinoniem met mekaar. Foto: Carla Lewis-Balden

Só kies ons die wenner

Oor die verloop van die komende drie weke gaan ons al ons gunsteling-foto’s op Facebook laai en op Twitter hertwiet. Elke Vrydag gaan ons die week se 10 voorlopers op Die Reismier se blog laai. Lesers kan op Twitter, Facebook en Die Reismier se kommentaar-afdeling laat weet watter foto die #MySA-tema die beste uitbeeld.
Ons gaan ook ’n paneel beoordeelaars hê wat uit beroepsfotograwe en kenners bestaan, om te keer dat die fotograaf met die meeste vriende wen. 
Hulle stem gaan 75% tel en die lesers se stem 25%.

Belangrike datums

19 Mei: Die #MySA-fotokompetisie begin.
23 Mei: Die eerste groep voorlopers word op Die Reismier gepubliseer.
30 Mei: Tweede groep voorlopers word gepubliseer
6 Junie: Die derde groep voorlopers word gepubliseer. Om 12 nm. is sperdatum vir inskrywings – kompetisie sluit.
9 Junie: Die vyf finaliste word op Die Reismier gepubliseer. Lesers kan tot Donderdag , 12 Junie om 12 nm. kommentaar lewer oor hul gunsteling-foto.
16 Junie: Die Reismier kondig die wenners aan.

Die SKA-satelliete buite Carnavon in die Noord-Kaap.

Die SKA-satelliete buite Carnavon in die Noord-Kaap. Foto: Carla Lewis-Balden

Die reëls, fynskrif

Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. 
Hou by die sperdatums.
 Om in aanmerking vir die kompetisie te kom móét Twitter-deelnemers @DieReismier én @capeunionmart “tag” en die hashtag #MySA gebruik om in aanmerking vir die kompetisie te kom.
 Die kompetisie is oop vir professionele -en amateurfotograwe.
Foto’s mag geredigeer word, maar nie digitaal gemanipuleer word nie.
 Jy moet 18 jaar of ouer wees om deel te neem.
Die foto’s moet in ’n jpeg-leër in die e-pos aangeheg wees. Die Reismier en Cape Union Mart behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer.
Die kopiereg en intellektuele eiendom van die foto berus by die fotograaf. Die Reismier en Cape Union Mart behou die reg om die finaliste en die wenner se foto’s vir promosiedoeleindes te gebruik wat betrekking het tot die kompetisie.
Die wenner sal op Die Reismier aangekondig word. Werknemers en familie van Cape Union Mart en Die Reismier mag deelneem nie. Die Reismier aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.
 Die kompetisie kan teen enige tyd gestaak word. In dié geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Die Reismier of Cape Union Mart sal indien nie.
Die geskenkbewyse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Eerste keuring word deur die redakteurs gedoen.
Die reg word voorbehou om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Die Reismier, Cape Union Mart, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word daaroor gevoer nie.
Die wenner moet bereid wees om sy ID-nommer te verskaf, soos vereis word deur die Verbruikerswet.
Enige landsburger mag deelneem, maar die geskenkbewyse sal slegs na ‘n Suid-Afrikaanse adres gepos word. Die geskenkbewyse mag slegs by ‘n Suid-Afrikaanse Cape Union Mart-winkel bestee word.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 thoughts on “Wen groot met ons #MySA-fotokompetisie