Het jy ’n groen gewete en is jy ’n verantwoordelike reisiger wat poog om jou koolstofvoetspoor te verlaag? Oorweeg dan die Hotel Verde as jou volgende verblyf wanneer jy Kaapstad besoek. Deur Louise Viljoen

Omgewingsbewustes wat Kaapstad gereeld besoek sal bly wees om te hoor dat Afrika se eerste én groenste hotel, Hotel Verde, slegs 400m vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe geleë is. Gaste aan die vier-ster lughawehotel ontvang selfs ná hul verblyf ’n koolstofneutrale sertifikaat wat aandui dat hul besoek geen negatiewe impak op die omgewing gehad het nie.

Waterbesparing

Water word op innoverende wyses bespaar. Die drinkwater word op die perseel gefiltreer en gebottel. Stortwater word herwin om toilette mee te spoel. ‘n Daktuin en vertikale hangtuin wat van waterbesparende drup-besproeiing afhanklik is, is sommer ook ’n groentetuin, met organiese kruie en groente wat in die hotel se kombuis gebruik word. Reënwater word opgevang en in die hotel se tuine en mini-woud gebruik.

Die vertikale tuine dien ook as organiese groente -en kruietuine.

Die vertikale tuine dien ook as organiese groente -en kruietuine.

Elektrisiteitbesparing

Die hysbakke, beligting, verkoeling- en verwarmingsisteem werk eko-vriendelik en ekonomies. Wanneer in gebruik, wek die gim-toerusting krag op wat teruggevoer word in die netwerk in. Dis reg, wanneer jy daai fiets trap, help jy om die ligte aan te hou. Drie vertikale-as windturbines en 220 sonpanele verskaf groen krag. Earth Hour word weekliks gevier met ‘n jazz-vertoning en ‘n elektrisiteitsvrye buffetete by kerslig.

Die ligte wat hier brand het geen impak op die omgewing nie.

Die ligte wat hier brand het geen impak op die omgewing nie.

Groen leefstyl

Gaste ontvang Verdinos wanneer hulle hul handdoeke en bedlinne hergebruik en nie die lugreëlaar aanskakel nie en sodoende help om hul koolstofvoetspoor in te perk. Verdinos is koepons wat by die hotel se restaurant en eie deli omgeruil kan word. Die hotel skenk twee keer ‘n week voedsel aan ‘n skuiling en ondersteun graag die plaaslike gemeenskap deur plaaslik omgewingsvriendelike sepies en ander produkte aan te koop.

Die swembad gebruik waterplante om die water te reinig en te filtreer. Geen skakelike chemikalië word hier gebruik nie.

Die swembad gebruik waterplante om die water te reinig en te filtreer. Geen skakelike chemikalië word hier gebruik nie.

Sprokie vir ’n stadskind

Gaan stap gerus in die woud wat wemel van voël- en dierelewe. Daar is ‘n 320 m draf- en staproete en selfs ’n buitenshuise gimnasium. Die eko-vriendeilike swembad wat deur plante gefilter word en bevat geen skadelike chemikalieë bevat. Dis perfek vir daardie snikheet warm Kaapse somersdae. Die hotel bied ‘n ongelooflike positiewe ervaring vir die groen besoeker. Jy kan met ’n rein gewete die luukse bederf geniet, want jy doen die planeet geensins skade aan nie.

Die drafbaan kronkel deur tuine en 'n mini-woud.

Die drafbaan kronkel deur tuine en ‘n mini-woud.

Bekroonde eko-verblyf

Hotel Verde bied nie net luukse verblyf en moderne konferensiegeriewe vir die kieskeurige eko-toeris nie, maar hulle het ook met verskeie toekennings op hul kerfstok. Hul is as die beste stadshotel in 2014 by die World Travel Market in Engeland aangewys. Hul is ook die eerste hotel in Afrika wat die United States Green Building Council se Platinum LEED sertifisering verwerf het én is die wenner van die Imvelo Award 2014 deur Lilizela vir Best Overall Environmental Management System. Tripadvisor het Hotel Verde ook pas in hul 2015 lys van Travelers’ Choice Top 25 Bargain Hotels in Suid-Afrika genoem.

Hotel Verde spog met 'n hele reeks toekennings op sy kerfstok.

Hotel Verde spog met ‘n hele reeks toekennings op sy kerfstok.


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 thoughts on “Vyf redes waarom jy Hotel Verde moet besoek