Hier is hulle! Die Reismier het kopgekrap en gekibbel en besluit dit is die vyf foto’s wat die #MySA-tema die beste uitbeeld.
“Straatmusikante”, Johnny Barrington
Suid-Afrika is ’n diverse land en dit word pragtig uitgebeeld in Johnny se foto. “Die twee mans is straatmusikante en lede van Mr Pietersen and The Guys-groep,” sê hy. Ons het veral gehou van die uitdrukkings op die twee musikante se gesigte. Dit is nou ’n karakterstudie van die Reënboognasie.
“Vrystaatse kosmos”, Celeste Louw
Wanneer die kosmosse langs die pad begin blom, weet elke Suid-Afrikaner: Dis die swanesang van die somer. Celeste se kosmosse buite Rosendal is die tipiese tjoklitboks-prentjie wat jou langs die pad sal laat stop om gou ’n foto te neem.
“Tafelberg”, Riaan Victor
Tafelberg bly nou maar ’n gewilde onderwerp onder fotograwe, maar dit word gewoonlik afgeneem op Kaapse dansrokdae, met ’n blou hemel en ’n wit strand. Riaan se wispelturige, amper melancholiese uitbeelding in swart en wit gee vir ons ’n ander blik op die trots-Suid-Afrikaanse landmerk.
“Transkeise seun”, Erlo Brown
Suid-Afrikaners word geken aan hul kreatiwiteit en vindingrykheid. Erlo Brown het die foto van die seun geneem op pad na die Hole in the Wall buite Koffiebaai. In ’n streek geken deur armmoede het die kind hom nie laat afsit deur ’n tekort aan fietsparte nie. Hy het vir hom ’n “hibriedfiets” gebou uit ’n kruiwa, met ’n fiets se raam en ’n motor se stuurwiel.
“Herfswingerde”, Manazita Bosch
Die Kaap-Hollandse huise van die wynlande is argitektoniese volksbesit. Een van die mooiste tye in die Kaap is herfs, wanneer die wingerde wat dié huise omring verkleur in goudgeel, rooi en oranje. Ons was mal oor die ryk kleure in Manazita se foto, die goudgeel wingerde in die voorgrond en die spierwit huis, geraam deur herfskleure.
Watter een is jou gunsteling?
Vandeesweek gaan ons paneel, wat bestaan uit ’n verteenwoordiger van Die Reismier, ’n professionele fotograaf en ’n verteenwoordiger van Cape Union Mart die foto’s onder oë neem. Die paneel se stem gaan 75% tel.
Ons soek ook terugvoer van die Reismier-lesers, wie se stemme die oorblywende 25% gaan tel. Laat ons weet watter foto jou gunsteling is deur onder kommentaar te lewer, die foto’s te “like” op Facebook of dit te hertwiet op Twitter. Lesers kan tot Donderdag , 12 Junie om 12 nm. kommentaar lewer oor hul gunsteling-foto. Die wenners word Maandag 16 Junie aangekondig. Die wenner van die fotokompetisie kry ’n R3 000-koopbewys van Cape Union Mart. Die tweede prys is ’n R1 500 koopbewys en in die derde plek kry iemand ’n R500 koopbewys.
Beslis straatmusikante. Dit is my eerste keuse. Die uitdrukkings op die karaktervolle gesigte vertel ‘n besonderse storie van Suid-Afrika se diverse samelewing. My tweede keuse is Transkeise seun.
Straatmusikante
Die Straatmusikante. Briljant en so eg …
Eerste keuse is Straatmusikante. ‘n karaktertrek van ons groot stede. Tweede Transkeise seun. ‘n Uitbeelding van ons mense van Suid Afrika se kreatiwiteit. Derde Tafelberg. De bekendste gesig wêreldwyd.
Pragtige fotos! Hou veral van Straatmusikante foto.
Verseker die straatmusikante.
Verseker straatmusiekante, hart en siel word in daardie musiek gesit vir oorlewing.
Straatmusikante. Dit vertel ‘n storie. Karakter in die gesigte. Goed geneem.
Straat musiekante. Wonderlike foto.
Dan die kosmos.
So moeilik om ‘n gunsteling te kies uit al die pragtige foto’s maar Die Straatmusikante deur Johnny Barrington het my met heimwee laat terug dink aan my, my man en dogtertjie se tyd aan Seepunt / Van Riebeek Kasteel so ‘n paar jaar terug. Dit is my gunsteling!
Die straatmusikante is my gunsteling. Dit lyk of daar ‘n besonderse band tussen die twee kunstenaars bestaan, ‘n deernis. Boonop so ‘n mooi uitbeelding van ons Rëenboognasie.
Pragtige foto van hoe Riaan Tafellberg uitbeeld.
“Tafelberg”, Riaan Victor – Dit is net die mooiste foto ooit!!!!!!! Beslis die wenner van almal!!!!
Tafelberg. Beste foto.
Tafelberg van Riaan Victor. Mooiste foto ooit!!!!!!
Riaan Victor se ongewone beeld van Tafelberg is pragtig .
Transkei seun en Taffelberg. Dis te moeilik om net een te kies!
Tafelberg is my keuse!