Die Victoria Falls Safari Lodge bly een van daardie plekke vir wie sy ’n sagte plekkie koester, skryf Carla Lewis-Balden

Ek het die eerste keer by die lodge gebly in 1995 saam met my ouers, kort na sy opening en was al verskeie kere terug, beide vir besigheid en plesier. Ek was ook al gelukkig genoeg om by ’n paar lodges in Victoria Falls te bly, maar wanneer ek self betaal, kom ek altyd terug na die Victoria Falls Safari Lodge (VFSL) toe. Dit voel omtrent soos familie hier.

Die Victoria Falls Safari Lodge vanuit die lug.

Die Victoria Falls Safari Lodge vanuit die lug.

Die VFSL, wat deur Africa Albida bestuur word, vier die naweek hul twintigste verjaarsdag. Die lodge het in 1994, ’n groot jaar vir Afrika sy deure geopen en deur die jare politieke onstabiliteit en donker dae oorleef. Vandag is dit steeds een van die gewildste lodges in die Victoria Falls-omgewing.

Om die mylpaal te vier hou die Lodge die naweek groot makietie en ek is genooi, as deel van African Bloggers Network-inisiatief om saam fees te vier. Ek gaan die naweek twiet, Facebook en Instagram, so hou Die Reismier dop om al die verrigtinge te volg.

VicSafariLodge

Jonathan Hudson, algemene bestuurder van die VFSL meen dat volgende jaar groot dinge inhou vir Victoria Falls, Zimbabwe en die lodge.
“As dit kom by safaribestemmings dink ek nie daar is ’n beter plek om in te vlieg as na Victoria Falls nie. Ons nuwe lughawe maak volgende jaar Augustus oop en die Botswana -Zimbabwe -en Zambië se Uni-visum gaan ook burokrasie vir talle besoekers uitskakel. Zimbabwe is reg in die middel van vyf lande, elkeen met hul eie unieke bestemmings. Dit maak van die Victoria Valle die ideale plek om na in te vlieg as jy Suider-Afrika wil verken.

Carla Lewis-Balden reis as ‘n gas van Africa Albida, in samewerking met African Bloggers Network en Travel Concept Solutions.


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “Victoria Falls Safari Lodge is 20 jaar oud !