Uiteet in Europa is maar ‘n duur storie, veral met die swak rand. Contiki, die toergroep wat spesialiseer in vakansies vir reisigers tussen 18 en 35 weet hoe om honger mae vol te kry, teen sakpaspryse.
 Dié restaurante bied ’n outentieke Europese eetvaring wat nie jou sak sal ruk nie.

Spanje: Hola Tapas! in Madrid

El Tigre in Madrid is eintlik meer van ’n kroeg as ’n restaurant. Jy kom nie hierna toe vir haute cuisine nie, maar eerder vir die lekker kuieratmosfeer en die gratis tapas wat saam met die drankies bedien word. 

Wees net gewaarsku, jy sal heel waarskynlik moet regop staan, met mense se elmboë wat jou sye karnuffel. Die kuierplek is gewild, veral onder studente so as jy by ’n tafel wil sit maak seker jy kom eet voor 19:30. Die potatas bravas, hoendervlerkies, en chorizo-worsies is uit die boeke.
Jy sal darem ook nie hier ’n arm en ’n been betaal vir ’n drankie nie, die plaaslike bier en sangria is heel goedkoop.

Hoe later dit word, hoe besiger word El Tigre. As jy nie in ’n partytjiebui is nie, is dit beter om die kuierplek tydens middagete of vir ’n laatmiddagbier te besoek.
Adres: Calle de las Infantas, 30, 28004 Madrid, Spanje

El Tigre se drankies is nie te duur nie en hulle bedien gratis tapas.

 

Eetalië, ’n Feesmaal in Florence

As jy honger is met ’n knap begroting, maar lus is vir eg-Toskaanse kos en bietjie Chianti dan is I Due Fratellini net die plek vir jou. Die wyn -en toebroodjiekroeg is so gewild dat selfs die reisbybel Lonely Planet dit aanbeveel.

 I Due Fratellini bied honger reisigers ’n wye keuse van toebroodjies en paninis, wat bedien word saam met ’n groot verskydenheid Toskaanse wyne. Meeste panini’s kos sowat € 2.50, so dis die moeite werd om twee te koop, een vir middagete en ’n ander een om die hongerpyne te stil na jy Florence platgeloop het.
Adres: Via dei Cimatori, 38, 50122 Florence, Italië

Teen twee Euro's vir 'n panini kan jy sommer twee koop.

Teen twee Euro’s vir ‘n panini kan jy sommer twee koop.

 

Berlyn se Burgermeister, Duitsland

Almal hou van ’n lekker hamburger en in Berlyn is daar nie ’n beter plek om een te eet as by die Burgermeister, wat onder die I Bahn geleë is nie. Die kiosk-tipe restaurant bied heerlike, goedkoop hamburgers.
Die Burgermeister het ongeveer so ses jaar gelede oopgemaak en bedien ’n mengsel van Duitse en Amerikaanse kos. Daar is klassieke hamburgers, aartappelskyfies bedek met maalvleis en kaas en dan die grootpappie, die Meistaburger, bedien met spek, bbq-sous, mosterd en gebraaide uie.
 Dis die ideale plek om om bietjie carboloading te doen na ’n harde dag van verkenning.
Adres: Oberbaumstraße 8 Berlyn, Duitsland

Burgermeister bedien van die lekkerste kitskos in Berlyn.

Burgermeister bedien van die lekkerste kitskos in Berlyn.

Middagtee by Lost Society in Londen

Middagtee by die Lost Society-kroeg in Londen is ’n moet as jy die Queen se stad besoek. Jy kan peusel aan tuisgemaakte toebroodjies, botterbroodjies met room en konfyt en ontwerperskolwyntjies. Om te drink? As jy lus is vir iets met bietjie meer skop as ’n Earl Grey-tee, is daar heerlike mengeldrankies. Wat van ’n heuning -en rabarber-Bellini? Of ’n jasmyngegeurde Martini? Die drankies is nie te duur nie en jy sal darem meer as een kan bekostig. Boonop is die musiek hier ook lekker, die kroeg spog met ’n “No crap music”-reël.
Adres: 697 Wandsworth Rd, Londen SW8 3JF, Verenigde Koninkryk.

Lost Society in Londen is een van die lekkerste plekke om ‘n mengeldrankie te drink.

 

Bon Appetite in Parys

In 1989 was die gebou waarin Restaurant Chartier gehuisves word as ’n historiese monument verklaar, na die restaurant al vir twee eeue al honger Parisiennes gevoed het. Wanneer jy eers binne die restaurant is, voel dit asof jy terugkeer na die Belle Epoque . Die restaurant word geken aan klassieke Paryse chic, met ’n glasplafon, boogvensters en ligte uit handgemaakte, geblaasde glas. Die kelders dra swart onderbaadjies en spierwit gestyfde voorskote. 
Jy besoek Restaurant Chartier vir ’n outentieke Paryse ervaring. Die kos hier is heerlik, en nie te duur nie, probeer gerus die poulet fermier roti frites. (Geroosterde plaashoender met aartappelskyfies.)
Adres:7 Rue du Faubourg, Montmartre, 75009 Parys, Frankryk.

By Restaurant Charnier voel dit asof jy terug gestap het in ‘n ander era.

Om jou perfekte Contiki-toer op te spoor, besoek hul webwerf en volg #NOREGRETS op Twitter.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *