Hier is die tweede groep foto’s van die #MySA-fotokompetisie, geborg deur Cape Union Mart. Skryf in en wen jou gedeelte van R5000 se geskenkbewyse.

6423 Cape Union Mart logo newDaar is nog net een week oor om in te skryf vir Die Reismier en Cape Union Mart se #MySA-fotokompetisie.Die wenner van die kompetisie kry ’n R3 000-geskenkbewys van Cape Union Mart, om allerlei buitelugkatoeters en 
-klere koop. Die tweede prys is ’n R1 500 geskenkbewys en in die derde plek kry iemand ’n R500 geskenkbewys.

Skryf só in

Daar is twee maniere om in te skryf:

E-pos

Stuur jou foto per e-pos aan info@reismier.com. Die foto’s moet groot genoeg wees om aanlyn te publiseer. (Tussen 250 KB en 500 KB is ’n goeie grootte.)
Sê in die aandagveld: #MySA-fotokompetisie. Onthou om te noem waar die foto geneem is. Gee ’n kort beskrywing van die foto en bestemming − nie meer as 50 woorde nie. Inskrywings moet jou naam, van en kontakbesonderhede bevat.

Twitter

Twiet jou foto aan @DieReismier en @capeunionmart en sluit #MySA by die twiet in. Sê waar die foto geneem is. Jou Twitter-foto hoef nie 500 KB groot te wees nie, maar maak seker dat jy wel die foto in ’n 500 KB jpeg-formaat het, sou jy as finalis gekies word.

Let wel: Slegs een foto-inskrywing per persoon. Foto’s wat oor Facebook aangestuur word sal nie aanvaar word nie.

Lees meer oor die reëls en sperdatums

BovV9mJCEAAACSF

Hein Niel se Suid-Afrika is die uitgestrekte Karoo-vlaktes buite Steytlerville.

 

Boi9GjeCMAA72QA

Eksteen van Deventer se Suid-Afrika is ’n sonopkoms oor Bloubergstrand.

 

BopAjNZIIAAPg6Q

Anneliese Schuring se Suid-Afrika is die klowe van die Blyderivier-canyon.

 

BoeuA7yIIAAktWy

Freda Kieviet se Suid-Afrika is die herfskleurige wingerde van die Kaapse Wynlande.

 

rosendal-2

Celesté Louw se Suid-Afrika is die kosmosvelde van die Oos-Vrystaat, buite Rosendal.

 

adcroc

André Damons se Suid-Afrika is die kake van ’n Nyl-krokodil.

 

photo 2-2

MJ Lourens se Suid-Afrika is dié kleurvolle trein van Metrorail wat verby die Kenilworth-stasie in Kaapstad ry terwyl hy in die vroegoggend-spitsverkeer vassit.

 

DSC00378

Claudette Grundling se Suid-Afrika is die krag van ’n witdoodshaai.

 

v&a 039-1-2_HDR

Johnny Barrington se Suid-Afrika is dié straatmusikante by die V&A Waterfront in Kaapstad.

 

DSC_0249

Micaela Scholtz se Suid-Afrika is die uitgestrekte landskap van Knysna se Groenvlei.

 

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *