Carla Lewis-Balden beleef die eksotiese ligging van die Serena Zanzibar Hotel in Stone Town.

Wanneer mense van Zanzibar praat, is die eiland se reuk gewoonlik van die eerste beskrywing wat opkom: Die skerp geur van naeltjies wat deur die seebries aangewaai word of die tropiese, bedompige reuk van van Stone Town se keisteenstegies.

'n Ou oom sit in een van Stone Town se nou stegies.

‘n Ou oom sit in een van Stone Town se nou stegies. Foto: Marzahn Botha

Vir my kan die essensie van Zanzibar vasgevang word in die geluide. By die Serena Zanzibar Hotel in in Stonetown is ons wakker gesing deur die muezzins wat mense roep om te kom bid. Loop jy rond in Stonetown se nou stegies, kom jy af op ’n rumoerige straatsokkertoernooi, sommer daar in die strate. En tussen deur die straatsimfonie is daar die die note van die gewilde Taarab musiek wat by die woonstelle se deure uitdryf.

Strandvakansies kan soms vir my bietjie onuitdagend wees, so klein bietjie steriel. Dis mos maklik om net binne jou strandoord te bly, skemerkelkies te drink en nooit met die plaaslike bevolking in aanraking te kom nie. Zanzibar was anders, selfs by die Zanzibar Serena Hotel, een van Stone Town se ghrêndste hotelle het ek nooit verwyderd van my omgewing gevoel nie.

Die inwoners van Zanzibar is baie gesondheidsbewus. In die oggend is almal op die strand, besig om te rek en strek.

Die inwoners van Zanzibar is baie gesondheidsbewus. In die oggend is almal op die strand, besig om te rek en strek.

Ons suite kyk uit oor ’n turkooisblou see, met dhows wat in die water dobber. “Dis lyk soos iets uit Pirates of the Caribbean,” merk Marzahn, my reisgenoot op. Die strand voor die hotel is ’n publieke strand en in die oggend sit jy op jou balkom, koffie in die hand en kyk hoe ’n groep vroue in hajibs ’n “downward facing dog” tydens hul jogaklas doen.

Die swembad by die Serena Zanzibar hotel. Dis heerlik om hier uit te span na 'n warm dag, nadat jy Stone Town verken het. Foto: Marzahn Botha

Die swembad by die Serena Zanzibar hotel. Dis heerlik om hier uit te span na ‘n warm dag, nadat jy Stone Town verken het. Foto: Marzahn Botha

Die hotel is reg in die middel van Stone Town. ’n Paar voetstappe af na die strand of na die straat en dit voel asof jy deel is van ’n Steve McCurry-fotosessie. Ons ontmoet die interessantse karakters; Asa, ’n jong Zanzibari vrou wat omtrent net so gefassineerd is met ons , as wat ons met haar is. Isaq is ’n jong seun met genoeg houding om ’n Gangsta-rapper ore aan te sit. Op die strand sien ons talle strandkatte en knoop ’n geselsie aan met Ahmed, ’n visserman wat ons meer oor Tipo Tipp, die eiland se berugste slawedrywer vertel.

Stone Town is vol interessante karakters.

Stone Town is vol interessante karakters.

Terug by die hotel na ons wandeling in Stonetown is dit tyd vir ontbyt.
Die hotel het seker die beste ligging in Stone Town en jy sal ver soek om ontbyt met ’n mooier uitsig te kry. Oor jou omelet en vonkelwyn kyk jy hoe die vissermanne inkom op hul dhows met die vangs van die dag. Ons proe ook van die plaaslike spesialitieite, ’n brood wat wat sesamsade gemaak word, ’n tipe grondboontjiebotterbrousel wat heerlik is en natuurlik, pynappel. Zanzibar se pynappels is so soet, dit proe omtrent asof dit uit ’n kannetjie kom. Masai’s in tradisionele drag loop verby, alhoewel hulle meer daar is vir ’n fotogeleentheid saam met toeriste.

Een van die sala's by die Serena Zanzibar hotel. Hier kan jy vir ure uittuur oor die Indiese Oseaan. Foto: Marzahn Botha

Een van die sala’s by die Serena Zanzibar hotel. Hier kan jy vir ure uittuur oor die Indiese Oseaan. Foto: Marzahn Botha

Serena se kamers is versier in ’n koloniale tropiese styl, met daardie fantastiese hemelbeddens wat deur Zanzibari-kunstenaars uit hout gekerf is, kompleet met ’n muskietnet wat wapper in die seebries. Wanneer jy op jou balkon sit en ’n gin en tonic drink, kan jy nie anders as om ’n bietjie soos ’n karakter uit Karen Blixen en Ernest Hemingway se boeke te voel nie.

Die werknemers by die hotel lewer uitstekende diens en is altyd reg om jou te help. Foto's: Marzahn Botha

Die werknemers by die hotel lewer uitstekende diens en is altyd reg om jou te help. Foto’s: Marzahn Botha

Om te bespreek

Kontak hul Suid-Afrikaanse kantoor by: 011 021 2607/8

Stuur ‘n e-pos na reservations@serenahotels.co.za

Besoek hul webblad by www.serenahotels.com

Kom so daar:

Ons het gevlieg met fastjet, wat vanaf Johannesburg se O.R. Tambo na Dar es Salaam se Julius Nyerere-lughawe vlieg op Dinsdae, Donderdae en Saterdae.
Vlugte tussen die twee stede kos vanaf R1177 eenrigting en sluit jou lughawebelasting in. Jy kan ook een item handbagasie aanboord neem teen geen ekstra koste nie.

Fastjet het ’n ooreenkoms met Coastal Aviatian om ’n ekstra Zanzibar-hop by jou pakket te voeg. Toe ons geland het in Dar Es Salaam, het een van hul werknemers vir ons gewag en ons na die tweede vlug vergesel. Die vlug vertrek 7:30 uit Dar Es Salaam en land ongeveer 8:00 in Zanzibar, net betyds vir ontbyt op die strand. (Onthou om met jou hotel te reël vir die moontlik om vroeër in te boek).

Jy kan aanlyn bespreek by www.fastjet.com/za vir die goedkoopste vlugste, of hulle bel by +27 (0)11 289 8090. E-pos hulle ook by customer.southafrica@fastjet.com.

Vervoer

Ons vervoer op die eiland is gedoen deur Zanzibar Airport Transfers, wat heel bekostigbare vervoer tussen hotelle vir ons gebied het. Hulle was op tyd en die lugverkoelde bussies het lafenis gebied in die warm Zanzibari-hitte. Stone Town is kompak genoeg om te loop en jy het nie ’n taxi hier nodig nie, maar as jy na strande toe gaan of na ’n nuwe hotel, is dit beter om vervoer te reël. Vind hulle by http://www.zanzibarairporttransfers.co.tz of bel +255 777 043720.

Belangrike inligting

Zanzibar val binne ’n area wat ’n hoë risiko vir malaria het. Praat met jou dokter oor malariamedisyne en vat insekweermiddel saam. Ek het Malarone geneem, wat min newe-effekte het.

Die mense van Zanzibar is vreeslik fotogenies, maar baie hou nie daarvan as jy hul foto neem nie. Vra voor jy ’n foto neem. Ons het gevind dat ’n groot glimlag, gevolg deur “Huenda i kuchukua picha”, (‘Mag ek jou foto neem’ in Swahili) gewoonlik mense vriendeliker gemaak het. Alhoewel meeste mense Engels kan praat, is hul baie vriendeliker as jy eers ’n paar woorde in Swahili waag.

Waar moontlik, verruil jou rande vir Tanzaniese shillings, eerder as Amerikaanse dollars. Jy gaan baie slegter daarvan afkom as jy in dollars probeer betaal. Meeste plekke aanvaar wel dollars, maar die wisselkoers wat hul jou bied is maar power.

Die koste van Carla Lewis-Balden en Marzahn Botha se verblyf is deur Serena Hotels gedek.

 


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 thoughts on “Tropiese toevlug: Serena Zanzibar Hotel

  • Reply
    Karen Coetzee

    Ek wil vreeslik graag in Oktober 2015 ‘n paar dae in Stone Town deurbring en ook Paje Wat is die huidige situasie met Isis wat meer in Afrika betokke raak en was die Feb2014 meer geisoleerde geval? En kan jul inligting v toere na bv Prison island en Jozani Forest verskaf?

    Groete van nog ‘n ewige reisiger

    • Reply
      Die Reismier Post author

      Hi Karen
      Benewens vir ‘n suuraanval op twee Britse toeriste in 2014, is Zanzibar nog onaangeraak deur Islamitiese ekstremiste. Dis ‘n wonderlike eiland wat ek vir enige iemand sal aanraai. Basies dink ek dis gevaarliker om voor jou oprit in Suid-Afrika te stop, of om ons paaie aan te durf :)
      Zanzibar bied uitstekende waarde vir geld, wanneer dit by ‘n eilandvakansie kom.
      Stone Town sal ek die Serena Hotel aanbeveel, alhoewel dit die luukste hotel in Stone Town is. Vir ‘n beter ligging sal jy ver soek en ‘n mens voel regtig soos iets uit ‘n storieboek. As jy egter nie soveel geld wil uitgee nie, sal ek The Coffee House aanraai. http://www.riftvalley-zanzibar.com/zch_rooms.html.
      Wil julle spesifiek Paje-strand toe gaan? Ek was tydens my besoek by Nungwi-strand, wat seker Zanzibar se mooiste strand was en het by die Langi-Langi Beach Bungalows gebly, wat uitstekende waarde vir geld bied. Dis egter baie besig, maar Matemwe-strand is ook baie mooi, en ongerep.
      Ek is nie seker oor toeroperateurs van Jozini en Prison Island nie, maar ek doen vir jou navorsing en kom terug. Groete!