Tom Yum Goong-soppies neem die beste geure van Thailand en kombineer dit in een heerlike sop. Sjef Louis Esterhuyse van die Valley Lodge & Spa in die Magaliesberge deel sy resep.

 

Tom Yum


Bestanddele

Sopbasis

5 koppies (1.25 liter) hoenderaftreksel

1 stingel suurlemoengras, in fyn skyfies gekap

1 stuk galangalwortel (of vars gemmer) so groot soos ’n duim

4 Thai-rissies of warm rissies, dun gesny.

6 Kaffir-lemmetjieblare, geskeur

3 e Tom Yum Goong-pasta

1 e rissiepasta

120 ml kokosneutmelk

¼ t seesout of na smaak.

 

800g garnale, skil en dermpie verwyder

4 klein uitjies

1 tamatie in kwarte gesny

6- 8 klein oestersampioene (of enige ander, as jy nie oestersampioene kan opspoor nie.)

’n klein handjievol vars koljanderblare

1 lemmetjie, in skyfies gesny

Metode

Plaas die aftreksel, suurlemoengras, galangalwortel, rissies en lemmetjieblare in ’n mediumgrootte kastrol. Kook die bestanddele en verminder die hitte. Laat aftreksel vir 10 minute prut.

Meng die Tom Yum Goong-pasta, rissiepasta en kokosneutmelk by die aftreksel in. Laat dit kook en voeg die garnale, uie, tamaties, sampioene en seesout by. Laat dit nog vir 2 tot 3 minute kook, totdat die garnale pienk en gaar is. Gooi nog bietjie sout by indien nodig.

Bedien in sopbakkies en garneer met vars koljander en lemmetjieskyfies.

Genoeg vir 4 as voorgereg of 2 vir hoofgereg.

 

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *