Dié toer tydens die feesseisoen besoek die Kersmarkte van Strasbourg en Alsace, met ’n reisprogram wat jou gaan neem van Parys, stad van lig en liefde tot die betowering van Duitsland se Swartwoud

Na ek vertel het van my doen-dit-self Italië-toer, het ek talle briewe gekry van lesers wat graag deur Europa wil reis, maar dit op ‘n begeleide toer wil doen. Ek was self al op ‘n paar begeleide toer saam met verskillende toeroperateurs, maar die Travelcorp-maatskappy (wat Contiki, Insight en Trafalgar besit) se toere bly vir my die beste waarde vir geld.

Ek weet dat ‘n mens lank spaar vir jou droomvakansie en dat alles perfek moet wees. Reis is duur en wanneer jy daardie hardverdiende geld uithaal, wil jy seker maak jy kry waarvoor jy betaal. Dis waarom ek besluit het om saam met Trafalgar te werk en dié toer vir Reismier se lesers aan te bied.

Trafalgar word onafhanklik deur Feefo, ‘n graderingsagentskap ge-oudit en het onlangs ‘n 100% tevredenheidsyfer van hul gaste en kliënte ontvang. Niks is vir my erger om vir maande uit te sien na ‘n droomvakansie, daarvoor te spaar en dan teleurgesteld terug te keer nie. Met Trafalgar het ek sekerheid dat dit nie sal gebeur nie.

Kaart

Met die 10-dag toer kan jy uitsien na ekslusiewe “Insider”-oomblikke soos:

  • ’n Bootrit op Strasbourg se kanale, met sy geskiedkundige Middeleeuse houtchalets so reg uit ’n sprokie
  • Tradisionele Kersmarkte
  • Vind uit hoe koekoekhorlosies gemaak word in die hartjie van die Swartwoud
  • Parys se liggies tydens die feesseisoen en ’n VIP Eiffeltoring-ervaring
  • Die toer begin 24 November en eindig 3 Desember
  • Bel 011 280 8440 om te bespreek

Dag 1: Parys

Welkom in Parys, die stad van lig en liefde. Jy ontmoet vanaand jou reisdirekteur en toerlede wat die onvergeetlike begeleide vakansie saam met jou gaan meemaak. Vanaand geniet ons ’n verwelkomingsete, gevolg deur ’n aandrit deur Parys om die stad se pragtige Kersversierings te sien. Dis die perfekte inleiding tot jou vakansie.
Hotel: Novotel Tour Eiffel
Etes ingesluit: Verwelkomingsete

Dag 2: Parys

Vandag verken ons vir Parys. Jy gaan die Champs Élysées en Arc de Triomphe sien, asook die tweede vlak van die Eiffeltoring betree vir een van die mooiste uitsigte oor Parys. Al Trafalgar se toerlede geniet VIP-status en jy hoef nie saam met die gepeupel in lang rye te staan om op te gaan nie. Die res van die dag is joune om die stad te verken. Gaan kyk vir die Kersversierings in die Rue de Rivoli of gaan sê hallo vir Mona Lisa by die Louvre. Aandete is vanaand vir jou eie sak, jy kan miskien na ’n Moulin Rouge-vertoning gaan kyk, of ’n intieme ete by ’n brasserie by die St Germain du Pres-distrik geniet.
Etes ingesluit: Buffet-ontbyt.

Welkom in Parys!

Welkom in Parys!

Dag 3: Parys – Reims – Strasbourg

Vanoggend vertrek ons uit Parys en reis na die stad Reims, ’n historiese Franse stad, bekend vir sy diversiteit van argitektuur. Ons doen ’n stadstoer en sien die indrukwekkende Notre-Dame de Reims, een van Europa se mooiste katedrale. Jy het hier die keuse om die stad verder te verken, of ’n opsionele toer te doen na een van die sjampanjekelders in die omgewing. Ons vertrek dan na Strasbourg, hoofstad van die Alsace-streek waar ons vir drie nagte gaan bly.
Hotel: Hilton
Etes ingesluit: Buffet-ontbyt, driegang-ete met wyn.

Dag 4: Die Kersmarkte van Strasbourg

Vanoggend neem jy ’n bootvaart op die kanale van Strasbourg. Ons vaar verby belangrike geboue soos die Raad van Europa en die Europese Parlement. Hier sien jy ook die houthuisies wat lyk asof hulle so reg uit ’n sprokie kom. Die res van die dag is jou eie om die UNESCO-erfenis historiese middestad te verken en die Kersmark te besoek. Die Christkindelsmarkt is een van Europa se oudste Kersmarkte en is vir die eerste keer in 1570 gehou. Vandag word dit ook as een van Europa se bestes beskou, met meer as 300 stalletjies wat oor 11 plekke in die stad versprei is. Hier sal jy tradisionele kunsvlyt van die area, handgemaakte Kersversierings en heerlike kos vind. Drink ’n skeutjie gluhwein om die ergste koue te verdryf, terwyl jy die reuse Kersboom en sprokiesatmosfeer bewonder op die Place Kléber.
Etes ingesluit: Buffet-ontbyt

Die Kersmark van Strasbourg.

Die Kersmark van Strasbourg.

Dag 5: Strasbourg na Colmar-Kersmark

Vandag ry ons verby prentjiemooi tonele op die Alsace-wynroete, bekend vir sy uitstekende witwyne. Ons maak ’n draai in Colmar, die hoofstad van Alsace se wynstreek, waar ons ’n wynproe gaan doen. Jy kan kies of jy ’n toer wil doen na ’n Middeleeuse kasteel, die Chateau du Haut-Koenigsbourg (uitstappie is nie ingesluit by toerprys nie) of eerder die Kersmarkte van Colmar verder wil verken.
Etes ingesluit: Buffet-ontbyt
Hotel: Stadt

Die dorpie Freiburg

Die dorpie Freiburg

Dag 6: Strasbourg na Freiburg

Vandag sê ons au revoir vir Frankryk en Guten Tag vir Duitsland. Ons bly oor in die universiteitsdorp van Freiburg en sluit aan by ’n plaaslike gids vir ’n begeleide staptoer van die stad. Daar sal tyd wees om die stad verder te verken en inkopies te doen by die tradisionele Duitse Kersmarkte. Wandel deur die Münsterplatz in Freiburg, wat deur Romaneske en Gotiese argitektuur omring word en eet ’n skyf stollen, ’n heerlike Duitse vrugtekoek. Vanaand geniet ons aandete by ons hotel.
Etes ingesluit: Buffet ontbyt, aandete

Dag 7: Die Swartwoud

Vandag gaan ons die Swartwoud, een van Duitsland se mooiste areas verken. Die tonele wat jy gaan sien is so reg uit ’n Grimm-sprokiesboek, met mistieke mere en plate denneboomwoude. Die area is ook bekend vir sy koekoekhorlosies. ’n Kunstenaar gaan ’n demonstrasie lewer oor hoe die horlosies gemaak word tydens ’n Cultural Insight-demonstrasie van die unieke kuns.
Etes ingesluit: Buffet-ontbyt

Die Swartwoud in Duitsland is iets uit 'n sprokie, veral wanneer dit sneeu.

Die Swartwoud in Duitsland is iets uit ‘n sprokie, veral wanneer dit sneeu.

Dag 8: Freiburg – Mulhouse-Dijon

Vanoggend besoek ons die Nasionale Automobiel Museum in Mulhouse. As mooi karre jou hart petrol laat klop, gaan jy jouself verkyk aan die meer as 400 klassieke en historiese motors wat by die museum uitgestal word. Vandag keer ons ook terug na Frankryk en oornag in Dijon, die hoofstad van Boergondië se wynstreek en bekend vir sy mosterd.
Maaltye: Buffet-ontbyt
Hotel: Mercure Clemenceau

Dag 9: Dijon – Parys

Vandag reis ons terug na Parys. Jy kan jou laaste dag deurbring deur Kersinkopies te doen, of miskien die Montmartre-distrik van Parys besoek. Daar is ook ‘n opsionale toer (vir jou eie sak) om die Paleis van Versailles te besoek. Vanaand vier ons die nuwe vriende wat ons gemaak het en ons herinneringe van die toer met ’n vaarwel-ete by ’n plaaslike restaurant.
Etes Ingesluit: Buffet ontbyt, vaarwel-aandete met wyn
Hotel: Novotel Tour Eiffel

Dag 10: Keer terug huistoe

Vandag keer jy terug huistoe, met herinneringe van Kersmarkte en sprokieswoude.
Etes ingesluit: Buffetontbyt

Vanaf R32 875 per persoon wat deel, insluitend jou vliegkaartjie.
Betaal voor 31 Augustus en kry ’n 7.5 persent afslag op bogenoemde prys.
Toer begin 24 November en eindig 3 Desember 2015
Bel 011 280 8440 om te bespreek

Hoogtepunte van die toer

  • ’n Stadstoer van Parys en Reims
  • ’n Bootvaart in Strasbourg
  • Stadsorientasie van Reims, Strasbourg, Colmar en Dijon
  • ’n Daguitstappie na die Swartwoud
  • Sien die Champs Elysées en Arc de Triomphe in Parys, die Notre-Dame de Reims-katedraal in Reims en die Europese Parlement in Strasbourg
  • Besoek die Eiffeltoring in Parys en die Nasionale Automobiel Museum in Mulhouse
  • Beleef die Kersmarkte van Strasbourg, Colmar en Freiburg

Etes ingesluit

9 warm buffet-ontbyte
4 aandetes insluitende jou verwelkomingsete, driegangmaaltyd met wyn en vaarwelaandete met wyn

Trafalgar reisigers kan altyd verseker wees van:

  • Oorfone by besige toeristeaantreklikhede, sodat jy alles kan hoor wat die toerleier sê
  • Luukse toerbusse met lugversorging
  • Uitgesoekte vier -en vyfsterverblyf naby aan die middestad of toeristeaantreklikhede
  • Unieke ervarings eie aan Trafalgar
  • Genoeg vrye tyd om op jou eie te verken en opsionele uitstappies te onderneem.
  • Fooitjies vir portiere en kelners is ingesluit
  • ’n Toerdirekteur wat ’n kenner is oor die area wat jy besoek en ’n uitstekende bestuurder
  • VIP-toegang tot talle besienswaardighede, sodat jy nie in ellelange rye hoef te staan nie

Prys sluit uit:

·        Schengen Visum
·        Reisversekering
·        Opsionele uitstappies tydens die toer
·        Items van ’n persoonlike aard
·        Maaltye van ’n persoonlike aard

Dit moet jy weet 

Om jou bespreking vas te maak het ons ’n nie-terugbetaalbare deposito van R2500 per persoon nodig, ’n besprekingsvorm wat volledig ingevul is en ’n afskrif van elke reisiger se paspoort. Indien jy nie gebruik maak van die vroeë betalingsafslag nie, moet jy 65 dae voor die vertrekdatum die volle bedrag betaal.

Die vliegtuigkaartjies is onderworpe aan luglederye se prysskommelings, die stad vanwaar jy vlieg en kan die finale prys beïnvloed.

Die prys sluit nie vervoer op die laaste dag van jou hotel na die lughawe in nie. Jy kan of gebruik maak van ‘n pendeldiens teen ‘n ekstra koste, of publieke vervoer na die lughawe neem.

Die prys wat gekwoteer is, is onderhewig aan 15 mense of meer wat bespreek.

Vir ‘n volledige lys van bepalings en voorwaardes, kliek hier.

Die toer word deur Trafalgar aangebied. Reismier doen afstand van alle aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, besering of uitgawe wat mag voortspruit uit die gebruik van, of vertroue in, die dienste of bemarkingsmateriaal van Trafalgar wat op hierdie webwerf en/of ander inligting wat in enige ander formaat verskaf word aangebied word.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 thoughts on “Toer saam met Reismier: Kersmarkte van Duitsland en Frankryk