Kom hê ‘n Swazi-safari

Mlilwane in Swaziland mag miskien ’n klein wildreservaat wees, maar wat dit kort in grootte, maak dit op in biodiversiteit en die verskeidenheid van avontuuraktiwiteite. Boonop is daar geen gevaarlike roofdiere nie, wat dit die ideale wegbreek vir families maak. Deur Carla Lewis-Balden Dis die goue uur in Mlilwane Nasionale Park, daardie magiese tyd van […]

Die botaniese tuine by Reilly's Rock. Hier kry jy skaars bok -en broodboomspesies.

Colombia se LA-33

Bushfire Swaziland: So asof die lewe ’n musiekfees is

Musiekfeeste dóén goeters aan ’n mens se gemoed, skryf Hannes Myburgh ná ’n naweek by Bushfire, Swaziland se grootste musiekfees. Kortstondig hou ons hande vas, ’n paar sekondes van ironiese hartseer solidariteit terwyl vrolike Salsa-ritmes oor die wiegende skare spoel in die wye Swazi-vallei. Verlore liefdes, myne akkuut, hare ’n langdurige hopelose hoop, en die […]


Musiek in Swaziland se berge  

Swaziland se wye Ezulwini-vallei speel jaarliks gasheer vir dié koninkryk se internasionale Bushfire-musiekfees. Duisende toeskouers stroom die naweek na House on Fire, ’n plaas -en feesterrein waarvan die geboue ’n mens aan die skeppings van die eksentrieke Spaanse argitek, Antoni Gaudi herinner. Hier word daar ’n naweek lank tussen die mielie-en suikerrietplantasies makietie gehou, terwyl musikante en ander […]

Kuns, kultuur, karakter - Swaziland maak reg vir die internasionale Bushfire-musiekfees. Foto: Verskaf