As die idee van ’n kookkursus tydens ’n wegbreek jou mond laat water dan is Food Routes – ’n aanlyn-gids tot verskeie ‘eet, drink, en slaap’-avonture in Suid-Afrika – net die ding om jou innerlike Mastersjef te bederf.

Tydens een van Food Routes se kulinêre vakansies kan smulpape hul verlustig in kooklesse in van die mooiste areas in Suid-Afrika. Dit gee jou ook die geleentheid om eg Suid-Afrikaanse kontreikos te bemeester. Food Routes se kursusse wissel van gastronomiese gesellighede in die Karoo en ’n watertand kooksessie in die wynlande tot ’n kook-en-kuier op ’n skaapplaas in die Wes-Kaap.

“Ons kulinêre vakansies is die ideale manier om ’n spesiale geleentheid nog meer onvergeetlik te maak. Dit is kook-en-kuier uitstappies met fynproewer flair, waartydens immergewilde en kraakvars resepte uitgeruil, beproef en bemeester word,” sê Stefane Kruger, medestigter van Food Routes.

Die uitverkore Food Routes-bestemmings is so uiteenlopend soos hul spyskaarte. Hul kan slegs per uitnodiging deel word van Food Routes en elkeen van die bestemmings moet aan streng keuringreëls voldoen en ’n goeie naam in die kosbedryf hê.

’n Besoek aan Bartholomeus Klip – ’n elegante Victoriaanse opstal op een van die grootste graan- en skaapplase in die Wes-Kaap is ’n móét. Dié pragtige landgoed is op ’n 10 000 hektaar privaat-natuurreservaat in die Riebeek-vallei. Rol jou moue hier op en sluit by Sjef Louise Gillett vir ’n privaat-kookles in die plaaskombuis. Dit is pure plaasplesier. Die kooklesse word tot Augustus van Maandag tot Vrydag aangebied en kos R1200 per paartjie, en sluit ’n gratis kopie van Louise se bekroonde boek, Life on a Cape Farm, in.

Sjef Louise Gillet se suurlemoentert-roulade

Lemon Meringue roulade by BK

Bestanddele

½ t meelblom
½ t witwynasyn
½ t vanielje-ekstrak
4 groot eierwitte, geskei
225 g strooisuiker
50 g gevlokte amandels
25 0ml dubbelroom
3 e Volvet Griekse yogurt
200g suurlemoensmeer van goeie gehalte
Versieksuiker, om die roulade te bestrooi,

Jy benodig ook ’n Switserse rolkoekpan van 33 x 23cm, uitgevoer met bakpapier.

Metode
Verhit die oond tot 200ºC. Meng die meelblom, vanielje-ekstrak en asyn saam. In ’n afsonderlike skoon bak, klits die eierwitte tot die mengsel dik en ryk voorkom. Vou die die meelblommengsel by die eierwitte in en meng deeglik.
Smeer die mengsel nou eweredig in die Switserse rolkoekpan en sprinkel met amandels. Bak vir 10 minute op 200ºC. Verminder die hitte na 160ºC, en bak vir nog 15 minute. Verwyder uit die oond, bedek met nog ’n vel bakpapier en deur dit uit op ’n draadrakkie Verwyder die onderste deel van die bakpapier en laat dit afkoel.

Klop die room en jogurt saam tot dit sagte puntjies maak. Smeer die roommengel oor die koue meringue en smeer dan die suurlemoensmeer bo-oor die room. Wees versigtig om nie die twee te meng nie. Rol nou die meringue styf op en plaas in die yskas om af te koel. Dit moet vir minstens ’n uur in die yskas bly. Wanneer jy dit opdien, sprinkel dit liggies met versiersuiker.

Om jou volgende kook-en-kuier reisavontuur te beplan en bespreek, besoek www.foodroutes.co.za vir meer inligting.
Stuur ’n e-pos rig aan reservations@foodroutes.co.za of skakel 082 5427566 of 023 626 3498. Volg Food Routes op Facebook en @foodroutescoza op Twitter.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *