’n Wegbreek na die wynlande hoef jou nie ’n arm en ’n been te kos nie. Stellenbosch se Kom Sit, Bly en Beleef-winterprogram bied waarde vir geld vanaf so min as R1200 per persoon vir twee nagte.

Boonop kom elke pakket met ’n reeks aktiwiteite, wat beteken dat jy nie droëbek by die hotel of gastehuis te sit nie, terwyl almal anders hul gate uit geniet by die Eikestad se wynkelders en restaurante. Die Kom Sit, Bly en Beleef Stellenbosch-pakket, sluit twee nagte se verblyf; aandete; middagete, en twee unieke aktiwiteite vanuit ‘n lys van uiteenlopende ervarings in.

Stellenbos bied soveel om te doen en te sien vir besoekers.

Stellenbos bied soveel om te doen en te sien vir besoekers.

Die winskopie “play and stay”-pakket

2 nagte in die week vanaf R1200 per persoon wat deel en 2 nagte in die naweek vanaf R1400 per persoon wat deel.

Die pakket sluit in:
1. Twee nagte verblyf by of Middelvlei of die Oak Leaf Lodge by Delvera, ontbyt ingesluit.
2. ’n Tweegang-middagete wat ’n glas wyn by of Dornier, Delvera, Delheim of Eight by Spier insluit.
3. ’n Tweegang-aandete en ’n glas wyn by die Devon Valley of die Spier Hotel.
4. ’n Keuse van twee die volgende aktiwiteite: ’n Keldertoer en vaatjieproe by Middelvlei-wynplaas; ’n Kolwyntjie en wynparing by Delheim; ’n Arendinteraksie by Spier; 
’n Toer van Fleur du Cap, ’n wynproe en ’n dosie gesoute fudge; ’n Wynproe by Dornier; ’n Wynproe by Warwick en ’n keldertoer.

Die pakket sluit uit: 1. Items van ’n persoonlike aard; Alle etes wat nie gespesifiseer is nie; Vervoer van en na die restaurante en aktiwiteite en na Stellenbosch.

Die pakket is geldig tot einde September 2014. Besoek http://blog.wineroute.co.za/, bespreek deur Stellenbosch Travel se webtuiste vir meer inligting of bel +27 (021) 887 2920.

Strek jou Madiba’s nog verder met dié vyf gratis doendinge in Stellenbosch:

1. Oom Samie se Winkel

Moenie dat die reuk van die gedroogte vis jou afsit wanneer jy die winkel binnekom nie. Oom Samie se winkel is volksbesit vir Stellenbosch. Die winkel lyk soos ’n negosiewinkel van ouds, jy kan enige iets van besems tot klere, ou tennisrakette, swiets en koffers hier koop. Al koop jy nie iets by die winkel nie, is dit ’n nostalgiese besoek aan die verlede. 
(Dorpstraat 84) Samie1

 

2. Die Sasol Kunsmuseum

Dis nou nie Louvre of Rijksmuseum nie, maar as jy die groot Suid-Afrikaanse kunskokkedore se werk wil sien, is dié museum beslis ’n besoek werd. Kunstenaars soos Maggie Laubser, Irma Stern, Thomas Baines en JH Pierneef, sowel as meer moderne kunstenaars soos Alexis Preller, Cecil Skotnes en Judith Mason se werk is hier te sien. Die museum is gesluit op Maandae. (Rynveldstraat 52) Sasol Art Museum exterior

 

3. Naweekmarkte

As jy oor die naweek in die Eikestad kuier, moenie die Stellenbosch Slow Food Market op Saterdae, die Blaauwklippen-familiemark op Sondae of die Route 44-mark op Saterdae en Sondae misloop nie. Jy kan uitsien na goeie kos, interessante geselskap en ’n landelike Europese atmosfeer. Dit voel amper asof jy by ’n Provensaalse markie in die Franse platteland kuier. Stellenbosch Slow Market HR 1

 

4. Die Botaniese tuine

Almal stroom altyd na die Pamplemousse botaniese tuine in Mauritius om vir die reuse waterlelies te kyk, maar het jy geweet die botaniese tuine by die Universiteit van Stellenbosch spog met dieselfde verskynsel? Die Victoria-waterlelies by die Stellenbosse botaniese tuine kan die gewig van ’n baba-ondersteun, (alhoewel ons nie besoekers aanraai om die teorie uit te toets nie.) Die Katjiepiering-restaurant is ook ’n besoek werd. Botanical gardens bridge

 

5. Verken Stellenbosch te voet

Die beste manier om Stellenbosch te verken is om jou stapskoene aan te trek en te gaan wandel in die Eikelane. Die Stellenbosse toerismeburo (Stellenbosch 360, geleë in Markstraat 36) het ’n oulike boekie van al die dorp se toerismeaantrekkings. As jy moeg raak, kan jy ’n blaaskans neem op een van die bankies van die Kom Sit-buitelugbeeldhou-tentoonstelling. Dit bestaan uit 24 eenvoudige betonbankies wat omskep is met ontwerpe van bekende kunstenaars en is orals in die middedorp te sien. Kunstenaars wat aan die projek deelgeneem het sluit in Wilma Cruise, Strijdom van der Merwe, Jaco Sieberhagen en graffiti kunstenaar Mak1One. Come Sit, Stay, Savour HR 1

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *