Daréll Lourens, het ‘n crush op De Hoop-natuurreservaat gehad, sedert sy die eerste keer ’n foto van die Koppie Alleen-strand gesien het.

Die enigste ding wat dit dalk nie as ‘n ware crush laat kwalifiseer nie, is die feit dat dit alles behalwe kortstondig was. Ek het halsoorkop verlief geraak – aanlyn – en het gedroom dat ons binne ’n maand sou “trou”.

De-Hoop-Nature-Reserve-1024x456

Toe Dawn Jorgensen vroeër hierdie jaar oor die reservaat geskryf het, het ek dit selfs meer begin idealiseer. Vir weke lank het ek by CapeNature geneul om my asseblief aan my “aanstaande” voor te stel en aanhou wens dat hulle De Hoop sou voorstel as die volgende reservaat wat ek moes verfilm. Maar, net soos die ryk en sterk en wonderlike man wat ek deur die Suid-Afrikaanse Posdiens bestel en nooit gekry het nie, het ek ook nie die groen lig hiervoor gekry nie. Ek het soos gewoonlik elders opgeëindig.

11958208_864084750344902_1835287360815799207_o-1024x683

Uiteindelik het De Hoop totaal onbereikbaar geword en ek het aanbeweeg. Baie min mense raak werklik halsoorkop verlief op mekaar, laat staan nog op plekke. Nog minder mense voldoen aan mekaar se buitengewone hoë verwagtinge, so toe ek uiteindelik ’n afspraak met De Hoop kon kry, het ek maar net my strooihoed en sonbril opgesit en my kamerasak gepak (soos wat ek vir enige ander geleentheid sou doen), nes die vasberade, ek-gaan-nie-my-hoop-op-dit-sit-nie, vrou wat ek is.

De-Hoop-Collection-Crossing-Vlei-by-Boat-1024x456

Maar, niks kon my hierop voorberei nie. Niks nie.
Ek weet jy het hierdie deuntjie seker al ’n duisend maal gehoor, maar De Hoop het met mý flankeer. Ék was onbeskikbaar. Ek was nié van plan om vir die ou truuks te val nie. Ek was feitlik afsydig, ek belowe!
En toe sien ek die Vlei. Ek moet eerlik wees, ek het mooi, selfs skilderagtig verwag, maar niks kon my voorberei op hiérdie uitsig of die warm harte en die geskiedenis wat die kamers van die Melkkamer Manor House vul nie.
Die Melkkamer Manor House is ’n tydlose verhaal. As jy eers die water oorgesteek en die bladsy omgeblaai het, lees jy ’n hele nuwe hoofstuk van jou eie storie, asof vir die eerste keer. Jy is in jou eie film, en dit is romanties en soetsappig en mooi en ég.

Dehoop2

Een van die hoogtepunte van ‘n naweek by De Hoop is die begeleide staptoer op die strand, naby Koppie Alleen. Esmeralda, ons gids, het haar hande in die rotspoele gedompel en allerhande seediere vir ons gewys, waarvan ons meer geleer het. Alikreukels het hul tentakels uitgesteek, asof hulle ‘hallo’ wou wuif, ons het gekyk hoe stervisse oor die sand beweeg en lugtig geloop vir die stekels van die seepampoentjies. Dit alles terwyl die branders agter ons gebreek het, en die swarttobies oor die strand vir ons geloer het.

Dit het die hele naweek wat ons saam deurgebring het, gereën. Ek was deurdrenk. Dit was koud. Sommige kan selfs sê dit was plein goor. Maar, De Hoop het aangehou om my met liefde en warmte te vul. Ek was beslis smoorverlief op De Hoop, maar, dit was ‘n baie lang tyd gelede. Ek is beslis nie méér nie. Nou is ek net doodgewoon lief vir die wegsteekplek naby die Overberg.

Dehoop3

Voor jy gaan

Die Manor House bestaan uit vier pragtige slaapkamers met en suite-badkamers. Jy kan kies of jy self die spyseniering vir hierdie belangrike afspraak wil doen, want daar is ‘n ten volle toegeruste kombuis. Alternatiewelik kan jy van De Hoop se eie sjef gebruik maak om jou van al jou etes te voorsien.

Omtrent al die verblyf in De Hoop is selfsorgeenhede en jy word aangeraai om die meeste van jou kos saam te ry. Die klein winkeltjie by die Opstal verkoop wel hout en ’n paar rantsoene vir die desperates, saam met ander boetiektoebehore van die omgewing (die sakke is pragtig). As jy lus raak vir vis, gaan jy dit beslis nie hier vang nie.Kyk hier na die verblyfopsies en hul pryse.

Daar is ook kampgeriewe beskikbaar, met netjiese ablusieblokke.

Eet hier

Die huisies by De Hoop is selfsorg, maar jy sal aan jouself ’n onreg doen as jy nie ten minste een keer by Fig Tree, vernoem na die reuse vyeboom by die Opstal-kompleks, gaan eet nie. Die aandete is ’n groot bederf en jy moet voor die tyd bespreek. Dit is ’n driegangmaaltyd wat jou by die restaurant gaan laat uitrol. Die hoogtepunt is die wynversameling, alles wyne van die plaaslike Overberg-wynlande wat teen baie billike pryse verkoop word.

De Hoop is oos van Bredasdorp – ongeveer 260 km van Kaapstad af. Die laaste 50 km van die roete is ’n grondpad.

Kontak:
Vir besprekings: +27 (0)21 422 4522
E-pos: info@dehoopcollection.co.za
www.dehoopcollection.com

Daréll Lourens is die redakteur van The Good Holiday, waar die artikel oorspronklik verskyn het. Sy is ook ‘n fotograaf en filmmaker en werk gereeld saam met nie-regering en toerismeorganisasies.


Leave a Reply to Tania Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 thoughts on “Smoorverlief op De Hoop