Ons wil sien wat jy met jou selfoonkamera kan doen. Skryf vandag in vir ons #ReismierAvontuur-fotokompetisie, in samewerking met Lekkeslaap en Printwild.

(Die kompetisie is gesluit)

Die gesegte lui “Die beste kamera is die een wat jy by jou het.” Wanneer ek deesdae kyk wat mense doen met hul selfoonfotokameras, het ek geen twyfel aan die stelling nie. Want wie (behalwe nou vir ’n professionele fotograaf) gaan hul groot D-SLR-kamera by hul hê tydens ’n sonsondegang in piektydverkeer?
Met al die oulike apps wat jy kan aflaai, kan jy sommer ’n vaal foto sommer in iets besonders optower met net ’n paar filters.

fotokompetisie

Die tema van ons nuutste fotokompetisie is #ReismierAvontuur en die foto moet ons lusmaak om ons tasse te pak en ’n nuwe avontuur aan te durf.

Die pryse

Die eerste prys is ’n R2000-geskenkbewys van Lekkeslaap, Suid-Afrika se eerste volledige aanlyn Afrikaanse verblyfwebblad.
LekkeSlaap bied duisende ‘lekke’ verblyfopsies regoor die land, van gastehuise, B&B, selfsorg, hotelle, kampplekke en vele meer. Die webblad is baie gebruikersvriendelik en alles wat jy moet én wil weet voor jy jou lêplek bespreek is, net ‘n kliek weg. Hul bied ook persoonlike en ervare kliëntediens, en ons vriendelike, Afrikaanssprekende agente is altyd reg om jou te help. Besoek www.lekkeslaap.co.za

Die tweede prys is ’n R1000 geskenkbewys van printwild.co.za. Lê al jou vakansie- en reisfoto’s net en virtuele stof opgaar op jou hardeskyf? Dié herinneringe moet uitgestal word, sodat jy dit weer kan herleef. Printwild is ’n aanlynwebwerf wat jou foto’s vir jou uitdruk, op canvas en hout druk of dit raam só daai spesiale herinnneringe in kunswerke verander. Dit so maklik: Kies jou foto, laai dit op, kies jou medium en grootte en printwild sal dit voor jou deur kom aflewer.

Belangrike reëls

Die kompetisie is nie jou konvensionele fotokompetisie nie. Jy moet vier dinge onthou:
1. Die foto moet met ’n selfoonkamera geneem word.
2. Jy moes die foto self geneem het.
3. Die foto moet by die “#ReismierAvontuur”-tema inpas.
4. Slegs een inskrywing per persoon, so kies jou beste foto.
5. Jy mag slegs per e-pos of deur Twitter inskryf.

Verder kan jy mal gaan. Eksperimenteer met verskillende filters. Laai apps af en redigeer dat dit klap. Die is nie ’n kompetisie vir puriste nie. Inteendeel, ons gee ekstra punte vir mense wat lyk asof hulle die grense verskuif met hul foto’s.

Skryf so in

foto

E-pos: Stuur jou foto’s na info@reismier.com en merk dit duidelik “#ReismierAvontuur-fotokompetisie” in die aandagveld. Die foto moet in ’n jpeg-formaat wees.
Onthou ook om vir ons te vertel met watter app jy dit geskiet en geredigeer het en waar jy die foto geneem het.
Foto’s moet tussen 200 KB en 500 KB wees. Jou naam, e­-pos­adres en kontaknommers moet saam met die inskrywing staan.

Twitter: Twiet jou foto aan @DieReismier en sluit #ReismierAvontuur by die twiet in. Sê waar die foto geneem is. Jou Twitter-foto hoef nie 500 KB groot te wees nie, maar maak seker dat jy wel die foto in ’n 500 KB jpeg-formaat het, sou jy as finalis gekies word.

Let wel: Slegs een foto-inskrywing per persoon. Foto’s wat oor Facebook aangestuur word sal nie aanvaar word nie.

Belangrike datums

13 Julie 2015: Die #MySA-fotokompetisie begin.
24 Julie: Die eerste groep voorlopers word gepubliseer
14 Augustus: Die tweede groep voorlopers word gepubliseer. Om 12 nm. is sperdatum vir inskrywings – kompetisie sluit.
21 Augustus: Die vyf finaliste word op Die Reismier gepubliseer. Lesers kan tot Donderdag , 27 Augustus om 12 nm. kommentaar lewer oor hul gunsteling-foto.

1 September 2015: Die Reismier kondig die wenners aan.

Só kies ons die wenner

In die komende weke gaan ons ons gunsteling-foto’s op ons Facebook-blad laai, hul op Twitter twiet en op Instagram ten toon stel. Alle foto’s word nie opgelaai nie en daar is eers ’n keuringproses. Die spertyd om die laaste inskrywings is te stuur is 14 Augustus 2015 om 12:00 nm.

Elke Vrydag gaan ons die week se voorlopers op Die Reismier se blog laai. Lesers kan op Twitter, Facebook, Instagram en Die Reismier se kommentaar-afdeling laat weet watter foto die #ReismierAvontuur-tema die beste uitbeeld.
Ons gaan ook ’n paneel beoordeelaars hê wat uit beroepsfotograwe en kenners bestaan, om te keer dat die fotograaf met die meeste vriende wen. 
Hulle stem gaan 75% tel en die lesers se stem 25%.

Bepalings, voorwaardes en kompetisiereëls
Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. 
Hou by die sperdatums.
 Om in aanmerking vir die kompetisie te kom móét Twitter-deelnemers @DieReismier “tag” en die hashtag #ReismierAvontuur gebruik om in aanmerking vir die kompetisie te kom.
 Die kompetisie is oop vir professionele -en amateurfotograwe. Foto’s mag geredigeer word, maar nie digitaal gemanipuleer word nie.
Die foto’s moet in ’n jpeg-leër in die e-pos aangeheg wees.
Die Reismier Lekkeslaap en Printwild behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer.
Die kopiereg en intellektuele eiendom van die foto berus by die fotograaf. Die Reismier behou die reg om die finaliste en die wenner se foto’s vir promosiedoeleindes te gebruik wat betrekking het tot die kompetisie. Die wenner sal op Die Reismier aangekondig word. Werknemers en familie van Lekkeslaap, Printwild en Die Reismier mag deelneem nie. Die Reismier aanvaar nie verantwoordelikheid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.
Die kompetisie kan teen enige tyd gestaak word. In dié geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Die Reismier of enige van die borge sal indien nie. Die geskenkbewyse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Eerste keuring word deur die redakteurs gedoen.
Die reg word voorbehou om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Die Reismier, die borge, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word daaroor gevoer nie.
Die wenner moet bereid wees om sy ID-nommer te verskaf, soos vereis word deur die Verbruikerswet. Enige landsburger mag deelneem, maar die geskenkbewyse en pryse sal slegs na ‘n Suid-Afrikaanse adres gepos word.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “Skryf in vir die #ReismierAvontuur-fotokompetisie (Gesluit)