REISMAATS


Ontmoet die medewerkers van Reismier.com

Die redakteur

Carla copy

 

Carla Lewis-Balden is ’n vryskut reis- en leefstylverslaggewer wat minstens elke ses maande ’n nuwe bestemming moet besoek. Wanneer sy nie maraboe-ooievaars bekruip nie, maak sy planne oor hoe om ’n skoenbekooievaar by haar voëlkyklys af te tiek. Haar droombestemming is Cartagena in Colombië.

 

 

 

Medewerkers

Daniella

 

Daniëlla van Heerden is ‘n bekroonde TV-veldverslaggewer by eNuus in Johannesburg. Sy’s dol oor harde nuus – ja, ook die blood & gore wat daarmee gepaardgaan – maar soms gee dit ‘n mens nagmerries.
Daarom reis sy graag om te ontsnap, ontlaai en ontspan.

 

 

 

taj spring-2 copy

 

Annami Mailovich ’n joernalis wat alles sal doen wat die wind na haar kant toe waai. Sy is ’n multimedia-joernalis by Media24 Digitaal wat tussendeur skryf oor plekke en mense wat met haar paaie kruis. Lughawens is die plek waar sy op haar gelukkigste is. En, as daar één ding is waarvoor sy nie haar neus optrek nie is dit ’n nuwe bestemming.

 

 

 

yolandi copy

 

Yolandi Groenewald is ’n ondersoekende- en omgewingverslaggewer by die Sondagkoerant City Press. Sy is die ma van twee seuns wat reeds hul ma se swerflus ge-erf het. Yolandi is ’n self-erkende wynvlieg en is altyd opsoek na die lekkerste pinot noir, teen die beste prys. Sy is op haar gelukkigste in die wynlande, omring deur goeie kos en wyn.

 

 

Sarel

 

Gert van der Westhuizen verwyl die meeste van sy tyd met sport by Beeld in Johannesburg. Hy is bitter dat hy ooit Italië toe gegaan het, want nou kan hy nie daar wegbly nie. Sy droombestemming is al die plekke in Italië wat hy nog nie gesien het nie, veral Napels (hopelik dié keer saam met sy beursie!)

 

 

 

Marlise Scheepers

 

Marlise Scheepers is ’n kosjoernalis, liedjieskrywer en sjef. Hoewel sy eintlik baie huisvas is en nie sommer rondslaap nie, het die reisgogga haar ook bygekom. Wanneer sy reis mis sy haar dierekinders die meeste. Sy wens sy kon meermale op ‘n stoel stilsit en net skryf. Marlise is die voormalige nuusredakteur van Sondag.

 

 

 

pieter-015

PG de Jonge is ’n filmmaker, skrywer en fotograaf van Johannesburg. Tot tyd en wyl die BBC of National Geographic besluit hom vir werk na vreemde plekke stuur reël hy maar sy eie uitstappies na die onbekende.

 

 

 

self (1)

 

Hannes Myburgh hou van eet in vreemde tale. Hy skryf meestal oor buitelandse nuus en tuur graag die vertes in.