Swaziland se wye Ezulwini-vallei speel jaarliks gasheer vir dié koninkryk se internasionale Bushfire-musiekfees.

Kuns, kultuur, karakter - Swaziland maak reg vir die internasionale Bushfire-musiekfees. Foto: Verskaf

Kuns, kultuur, karakter – Swaziland maak reg vir die internasionale Bushfire-musiekfees. Foto: Verskaf

Duisende toeskouers stroom die naweek na House on Fire, ’n plaas -en feesterrein waarvan die geboue ’n mens aan die skeppings van die eksentrieke Spaanse argitek, Antoni Gaudi herinner. Hier word daar ’n naweek lank tussen die mielie-en suikerrietplantasies makietie gehou, terwyl musikante en ander vermaaklikheidskunstenaars op verskeie verhoë vele musieksmake bevredig. Die fees strek oor drie dae, van Vrydag 30 Mei tot 1 Junie. Vanjaar tree ons eie Ladysmith Black Mambazo, blues-sanger Dan Patlansky en die Zimbabwiese afrojazz-sanger Oliver Mtukudzi op. Die feesterrein bied vermaak vir kinders en daar gaan ook kosstalletjies wees. Bly gerus oor, hetsy by die kampeerterrein of elders, besoek die nabygeleë warmwaterbronne of toeristewinkels in die dag en vind dan weer aanstons se kant jou pad na die musiek toe. Vir meer inligting, besoek die amptelike webwerf: www.bush-fire.com https://www.youtube.com/watch?v=HwriYrJWEhg

Kaartjies 

Beskikbaar oor die internet of (teen ’n hoër prys) by die feesterrein Vrydag: Vanaf R200 Saterdag: Vanaf R250 Sondag: Vanaf R150 Naweekkaartjie: Vanaf R500

Hoe ver is dit?

Die Ezulwini-vallei is 365km vanaf Johannesburg.

Wat het jy nodig?

- Geldige paspoort – Sonskerm – Kamptoerusting indien jy wil kampeer. Lees meer hier oor die kampgeriewe. – Kontant (Die Rand word in Swaziland aanvaar, kaartgeriewe is nie noodwendig beskikbaar nie) – Warm klere (die Swazi-hooglande raak snags snerpend koud!)

Musiek neem oor in Swaziland. Foto: Verskaf

Musiek neem oor in Swaziland. Foto: Verskaf

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *