Ons vir jou hoe lyk George en Amal se R57 000 per aand-wittebroodsvilla

Gewonder waar George Clooney en Amal Alamuddin gaan uitspan het na hul uitspattige troue in Venesië? Die paartjie het besluit om hul wittebrood deur te bring op North Island, ’n luukse eko-oord in die Seychelle, berig The Telegraph. North, soos dit plaaslik bekend staan word deur die ekovriendelike safarioperateur, Wilderness Collections bedryf, wie se hoofkantore in Suid-Afrika geleë is.

Die standaardvillas,elk met sy eie swembad begin by ’n koel R36 000, maar vir daardie prys is alles darem ingesluit. George en Amal het egter besluit om die North Villa, die eiland se eksklusiefste villa te huur teen ’n koel R57 000 per nag. Die Clooneys bring twee weke op North Island deur, wat hulle ongeveer R840 000 uit die sak sal jaag. Dit is omtrent ’n winskopie, as jy vat dat hul Venesiese troue amper R90 miljoen gekos het.

North Island is baie gewild onder koninglikes en Hollywood-sterre. Prins William en Hertogin Katherine het ook hier gehou. Brad Pitt en Angelina Jolie was al gaste op die eiland en aktrise Salma Hayek het die eiland gekies vir haar wittebrood.

 

Om elke oggend in die uitsig vanuit die reuse bed vas te kyk, kos 'n koel R53 000 per nag.
Om elke oggend in die uitsig vanuit die reuse bed vas te kyk, kos ‘n koel R57 000 per nag.

 

Die dekor is aards, tog luuks, met genoeg ruimte om 'n prinses tevrede te stel.
Die dekor is aards, tog luuks, met genoeg ruimte om ‘n prinses tevrede te stel.

 

As jy lus is vir 'n romantiese blaaskans, sal min uitsigte dié van die dagbed tussen die boomtoppe kan top.
As jy lus is vir ‘n romantiese blaaskans, sal min uitsigte dié van die dagbed tussen die boomtoppe kan top.

 

Teen amper R500 000 per week kan jy uitsien na jou eie, verlate private strand.
Teen amper R500 000 per week kan jy uitsien na jou eie, verlate private strand.

 

Elke villa het sy eie swembad, maar die North-villa s'n is werklik besonders.
Elke villa het sy eie swembad, maar die North-villa s’n is werklik besonders.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “So lyk die Clooneys se wittebroodsvilla

  • Reply
    Elise Tempelhoff

    Wow, dis n pragtige plek, maar ek vermoed daar is ander, soortgelyke bestemmings in die wereld wat netso mooi, maar meer bekostigbaar is. Jammer net die rykes kan sulke bestemmings bekostig.