Die MySA-fotokompetisie, geborg deur Cape Union Mart is gesluit.

Somtyds hou ‘n mens die beste vir laaste. In die #MySA-fotokompetisie was dit beslis die geval, met lesers wat vandeesweek behoorlik uitgehaal en gewys het. Ons gaan die naweek kopkrap oor ons gunstelinge en Maandag (9 Junie) ons vyf voorlopers aanwys. Hier wys Reismier se lesers vir oulaas hul Suid-Afrika.

IMG_9880

Adriaan Roets se Suid-Afrika is die Jozi-karnaval wat elke jaar op Oujaarsdag gehou word.

 

photo-17

Ernst Gouws se Suid-Afrika is die uitsig vanaf die Sanipas, wat uitkyk oor die Drakensberge

 

Noordhoek-Anneli-Strecker

Anneli Strecker se Suid-Afrika is die uitgestrekte strande van Noordhoek in die Wes-Kaap.

 

IMG_20130801_180708

Nadia Krige se Suid-Afrika is ‘n paar branderplankryers by Clifton-strand, wat hul dag afsluit.

 

groot constantia 72

Mana-zita Bosch se Suid-Afrika is die herfswingerde buite Constantia in die Kaap.

 

Aliwal1

Jooste Myburgh se Suid-Afrika is die kontras van ‘n blom teen ‘n doringdraad.

 

1-DSC_0070

Maryke Wasserman se Suid-Afrika is ‘n aalwyn wat teen ‘n plaaspad groei.

 

unnamed-4

Riaan Victor se Suid-Afrika is die Kaapse ikoon, Tafelberg, maar met ‘n meer geheimsinnige baadjie.

 

unnamed-5

Erlo Brown se Suid-Afrika is vindingryk en kreatief, soos die seun met sy “hibriedfiets” van die Transkei.

 

20140322_175748-001

Lize Nel se Suid-Afrika is die stadsprofiel van Pretoria.

 

S14-04-27-02589_2

Sonya Olivier se Suid-Afrika is ‘n sonsondergang in die bos.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *