Die wenner van die OBiKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie is Mauritz en Lerone Lazenby se foto van ‘n veld vol Canolablomme.

Canola Fields

“Ek en my man het in 2013 die Kaap besoek,” vertel Lerone.
 Ons vir die naweek van Kaapstad na Stilbaai toe gery en is verstom gelaat deur die plate en plate Canolablomme.
 Ek is ‘n deeltydse fotograaf en ek wou nog altyd ‘n foto van myself tussen die blomme gehad het.”
Sy het vir Mauritz beskryf wat sy in gedagte gehad het en hy het agter haar Samsung Galaxy S4-selfoon ingeskuif.
Al drie beoordeelaars was gaande oor die foto.
Die keldermeester van OBiKWA, Michael Bucholz, reisfotograaf Marzahn Botha en Media24-fotograaf Cornel van Heerden het almal “Canolaveld” as hul gunsteling aangewys. Die foto was ook baie gewild onder die Reismier-lesers.

“Die foto som die tema ‘Swerflus’ perfek op,” sê Cornel. “Dit maak my lus om te reis! Vir my is dit belangrik dat ‘n foto ‘n sekere gevoel of atmosfeer uitstraal, soos wat Mauritz en Lerone se foto gedoen het.  Wanneer jy dit sien, lê dit dadelik op film (op op jou selfoon se geheuekaart) vas.”

Daar is 'n OBiKWA-wyn vir elke dag van die week.

Daar is ‘n OBiKWA-wyn vir elke dag van die week.

Lerone en Mauritz wen ‘n kis wyn verpak in dié oulike houtstaander en R1000 kontant, geborg deur OBiKWA.

 


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 thoughts on “Hier is die wenner van die OBiKWA-Reismier-fotokompetisie