Om aan te doen by die dorpie Lekkersing in die Richetersveld naby Port Nolloth, is soos om ‘n emmer water oor jou uitgestort te hê, meen Marzahn Botha

Dit is die varsheid van menswees, die barheid van die ruwe natuur en die aardsheid  van die karakters wat jou eintlik verkwik, al kan dit skroeiend warm in dié geweste raak.

Ek en ‘n skrywersvriend het aangedoen by die dorpie Lekkersing. Die naam kom van ‘n kabbelende fontein in die omgewing wat so mooi “geloop” en  liriese klanke voortgebring het. Met die aankoms was ons eerste stop die tuin waarop verskeie vroue en een man, Koos Stoffel, in die tuin geskrop het. Dit was meer as 45 grade C maar vroue en Koos het die tuin geskoffel die tuin en rye blombeddings vir die malva’s, rose en vetplante gemaak. Selfs in die hitte het hulle met oranje oorpakke gewerk.

Die 2 liter plastiek-waterbottels het oral op die werf rondgelê om die brakke weg te hou. “Dit is ook vir ons mooi,” sê Maria Cloete, een van die inwoners. As dit te warm word, so tussen 12:00-13:00 gaan kruip die ywerige werkers onder die ingerigte skuiling met skadunet weg vir beskutting.
Die mense is die Nama-mense van die Richtersveld, diep in Namakwaland se wêreld. Hulle het skaars tande maar hulle lag en sing en wys hulle vreugde deur jou in die klein dorpie in te nooi. Die vroue hou wel nooit op sing nie, en almal van Lekkersing is glo geseën met ‘n musiekgawe.

Marzahn Botha is ‘n vryskut-reisfotograaf en skrywer wat van dokumentere werk hou. Sy is veral geïnteresseerd om karakters as vreemdelinge in hulle alledaagse omgewing vas te vang en só konneksies met haar onderwerpe te bou. Om afdrukke van die foto’s te bestel, kontak haar by marzahn.botha@gmail.com.

Die bordjies wys die verskillende rigtings in die dorre geweste aan.
 Martin Karools, 'n skaapwagter dra daagliks sy hoed van gebreide leer, met ‘n materiaal binnevoering om sy nek teen die son te beskerm. “Dit kan warm word,” ek moet hierdie hoed dra vir die son.
Martin Karools, ‘n skaapwagter dra daagliks sy hoed van gebreide leer, met ‘n materiaal binnevoering om sy nek teen die son te beskerm. “Dit kan warm word,” ek moet hierdie hoed dra vir die son.
Lekkeslaap3
Martin pas die trop skape in die Lekkersing-geweste op. “Ek bly eintlik in Port Nolloth, maar pas in seisoen die skape op. As ek my hond, Tyger, by my kan ek hier oorleef,” sê Martin.
lekkersing6
Maria en Mita Cloete dans dat die stof so staan van lekkerkry. “Ons plant vygies en vet plante. Ek is nou vir my hele leeftyd hier. Ons is ‘n werkgroep bymekaar wat baie lekker werk en lekker sing in Lekkersing,” sê Maria wat met haar uitgestrekte hande dans.
Maria gaan soek skuiling as dit bloedig warm raak tydens hulle werksure.  “Hierdie skadunet hou ons koel,” sê Maria.
Maria gaan soek skuiling as dit bloedig warm raak tydens hulle werksure. “Hierdie skadunet hou ons koel,” sê Maria.
Lekkersing5
“Lekkersing is die geluid van die water. Hier was glo ‘n grootman wat boere-konsertina gespeel het. Hy kon die volkswysie ‘kleine druppels water, kleine korrels, vorm die oseane, bou die vasteland’, baie mooi speel. So het die naam gevorm,” sê Maria.
'n Trop skape wei tussen die dorre landskap van die Noord-Kaap.
‘n Trop skape wei tussen die dorre landskap van die Noord-Kaap.
lekkersing8
Willemien is baie trots op haar rooi malvas wat “sy met haar lewe versorg”.
Die donkies van Eksteenfontein trotseer die bar landskap waar  mens en dier saam moet oorleef.
Die donkies van Eksteenfontein trotseer die bar landskap waar mens en dier saam moet oorleef.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “Foto-essay: Die mense van Lekkersing

  • Reply
    Andries Visser

    My naam is Anries Visser,seun van Danie Visser. Ik had innie Rightertsfeld (Lekkersing) groot gewore(1967-1974). My tatte was destyds die bestuurder van DiamondQuartsite. Dit was die beste jare van my lewe!! Ek ondhou nog van Mnr Heins se winkel,die rooi sand duine by die Quarry,die donkies wat my ma se nuwe gordyne kom vreet het !!!