Hier is die eerste foto’s van die #MySA-fotokompetisie, geborg deur Cape Union Mart. Skryf in en wen jou gedeelte van R5000 se geskenkbewyse.

6423 Cape Union Mart logo new

Die Reismier en Cape Union Mart is opsoek na reisfoto’s wat die skoonheid Suid-Afrika uitbeeld. Daar is lekker pryse op die spel. Die wenner van die kompetisie kry ’n R3 000-geskenkbewys van Cape Union Mart, om allerlei buitelugkatoeters en 
-klere koop. Die tweede prys is ’n R1 500 geskenkbewys en in die derde plek kry iemand ’n R500 geskenkbewys.

Skryf só in

Daar is twee maniere om in te skryf:

E-pos

Stuur jou foto per e-pos aan info@reismier.com. Die foto’s moet groot genoeg wees om aanlyn te publiseer. (Tussen 250 KB en 500 KB is ’n goeie grootte.)
Sê in die aandagveld: #MySA-fotokompetisie. Onthou om te noem waar die foto geneem is. Gee ’n kort beskrywing van die foto en bestemming − nie meer as 50 woorde nie. Inskrywings moet jou naam, van en kontakbesonderhede bevat.

Twitter

Twiet jou foto aan @DieReismier en @capeunionmart en sluit #MySA by die twiet in. Sê waar die foto geneem is. Jou Twitter-foto hoef nie 500 KB groot te wees nie, maar maak seker dat jy wel die foto in ’n 500 KB jpeg-formaat het, sou jy as finalis gekies word.

Let wel: Slegs een foto-inskrywing per persoon. Foto’s wat oor Facebook aangestuur word sal nie aanvaar word nie.

Lees meer hier vir die reëls en sperdatums

BoD8D6ICEAEcxU9

Zelda Ruthven se Suid-Afrika is dié visserskuite by Struisbaai in die Wes-Kaap.

 

BoIldtbIUAIS-ns

Micheal Zietsman se Suid-Afrika is dié turkoois branders by Oubosstrand.

 

BoDmNBxIEAAf-YU

Kirsten Keun se Suid-Afrika is dié dramatiese landskap van ons land se kuslyn.

 

BoOFYm3CEAEtuE_

Limpie Radyn se Suid-Afrika is die sonopkoms oor die Krokkodil-rivier.

 

BoNyHncIUAAbbOm

@Zonatjie se Suid-Afrika is ’n Afrika-sonsondergang in die Krugerwildtuin.

 

Renosterberg

Wilhelm Du Plessis se Suid-Afrika is die Renosterberg buite Middelburg in die Oos-Kaap.

 

_DSC0861

Simon Sonnekus se Suid-Afrika is een waar sport brûe bou tussen burgers, veral tussen oud en jonk.
Hy het dié foto in Ikageng, buite Potchefstroom geneem.

 

Vakansie 5-2

Jurie Venter se Suid-Afrika is ’n jagluiperd saam met haar welpies. Hy het dié foto buite Grahamstown
geneem.

 


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 thoughts on “Eerste foto’s van #MySA-fotokompetisie

  • Reply
    JANICE VENTER

    These photos are all stunning – they all capture the beauty of South Africa in a unique way. My favourite one though is the one of the Cheetah mommy and her babies. They look so peaceful and content in the long grass. Beautiful animals!!!!

  • Reply
    Heather Marshall

    My favourite photo is the one of the cheetahs – this truly depicts South Africa / Africa – the wildlife here where you wont find elsewhere.