Die Reismier is opsoek na reisfoto’s wat ons opgewonde oor jou #ReismierAvonture maak. Daar is lekker pryse op die spel. Hier is solank van ons gunsteling-inskrywings.

Die wenner van die kompetisie kry ’n R2 000-geskenkbewys van Lekkeslaap, om ‘n heerlike wegbreek mee te beplan. Die tweede prys is ’n R1 000 geskenkbewys van Printwild om jou foto’s in kunswerke te verander.

Skryf só in

Daar is twee maniere om in te skryf:

E-pos

Stuur jou foto per e-pos aan info@reismier.com. Die foto’s moet groot genoeg wees om aanlyn te publiseer. (Tussen 250 KB en 500 KB is ’n goeie grootte.)
Sê in die aandagveld: #ReismierAvontuur-fotokompetisie. Onthou om te noem waar die foto geneem is. Gee ’n kort beskrywing van die foto en bestemming. Inskrywings moet jou naam, van en kontakbesonderhede bevat.

Twitter

Twiet jou foto aan @DieReismier en en sluit #ReismierAvontuur by die twiet in. Sê waar die foto geneem is. Jou Twitter-foto hoef nie 500 KB groot te wees nie, maar maak seker dat jy wel die foto in ’n 500 KB jpeg-formaat het, sou jy as finalis gekies word.

Let wel: Slegs een foto-inskrywing per persoon. Foto’s wat oor Facebook aangestuur word sal nie aanvaar word nie. Die foto’s mag slegs met ‘n selfoonkamera geneem word. Lees meer hier oor die kompetisie.

Stephan du Toit

“Ek het dié foto die afgelope naweek so tussendeur hompe brie-kaas en biltong vasgevang tydens ‘n piekniek op Seinheuwel,” vertel Stephan du Toit. “Ek het hom geneem met my Sony XperiaM2 Aqua selfoon, en toe ‘n filter bygewerk met ‘n app genaamd SNAPSEED.”

Johan Botha

Johan Botha het dié foto op die strand in Thailand op Koh Phi-Phi geneem met sy Samsung S4 se kamera. “Dit was die enigste sonsondergang wat ons tydens die vakansie gesien het. Ek het die foto met Adobe Photoshop Express geredigeer.”

RA8_Maryke_Luyt

Maryke Luyt het die foto in Mosambiek naby Guinjata geneem tydens haar wittebrood. “Die skoot was met my S4 Samsung foonkamera geneem en ek het dit met die foon se eie funksies geredigeer. Wat n beeldskone plek…”

RA5_SelmaOlhsson

Selma Olhsson het die antieksjiek-fiets in Keulen, Duitsland afgeneem.

RA4_Kaappunt

Bernadine Nel het die foto by Kaappunt geneem.

RA3_Inge

“Ek het van 30 Junie tot 13 Julie ‘n ongelooflike twee weke in Beijing, Sjina deurgebring,” skryf Inge Liebenberg. “My foto is geneem by die Groot Muur in Sjina met my Sony Z3 Compact foon. Ek het my foto geredigeer met die app, Snapseed.”

RA2_kamp

Wiehan Swanepoel het die foto geneem tydens ‘n toer in die Drakensberge, toe hy en ‘n groep geologiestudente ‘n rugsakreis aangepak het. Die foto is tydens sonsondergang in Golden Gate geneem en met Instagram geredigeer.

RA1_Tanya

“Ek het die foto by Kommetjie geneem, op ‘n Maandagmiddag toe ons besluit het om vinnig na werk deur te ry om te surf en só die beste deel van die dag te benut,” vertel Tanya Theron. “Avonture hoef nie te wag vir lang vakansies te nie, en hoef jou ook nie ‘n arm en ‘n been te kos nie. Avonture is oral om ons , ons moet dit net aangryp!”

RA9_fontein

Johan Combrinck het die foto geneem by Schloss Schönbrunn in Wene, Oostenryk.

RA10_boom

Francois Lottering het die foto geneem in die Kunene-streek in Namibië.

RA11_Ruben

Ruben du Plooy het die foto in Kappadosië in Turkye geneem.

Watter foto is jou gunsteling? Laat weet ons onder in die kommentaar-veld.


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

9 thoughts on “Eerste foto’s van die #ReismierAvontuur-fotokompetisie