Is jy ’n meester wanneer dit by selfoonfoto’s kom? Is jou vriende verbaas wanneer hulle hoor jy het ’n treffende foto met slegs jou selfoon geneem? Skryf in vir die OBiKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie.

selfoon

Die tema is “Swerflus” en die foto moet ons lusmaak om ons tasse te pak en ’n nuwe avontuur aan te durf.

“Ek is deesdae verbaas om die gehalte selfoonfotografie te sien van nie-professionele fotograwe. Selfoonkameras
het regtig die speelveld gelyk gemaak. Jy hoef nie meer ’n groot SLR kamera te hê met ’n indrukwekkende lens
om mooi foto’s te neem nie,” sê Carla Lewis-Balden, mede-redakteur van Die Reismier.

“Deesdae kort jy net ’n lekker app en ’n goeie selfoonkamera.”

“OBiKWA se sakpas-wyne is ideaal om saam te neem op ’n aksiebelaaide naweek of selfs ’n lekker rustige piekniek. Met ’n wye verskeidenheid van lekkerdrink, gehalte-variëteitwyne kan jy beskostig om kieskeurig te wees,” sê OBiKWA se keldermeester, Michael Bucholz.

Die wenner kry ’n R1000 kontant en ’n kis OBiKWA-wyn van hul keuse, geborg deur OBiKWA.

obikwa-square

Skryf só in

Die kompetisie is nie jou konvensionele fotokompetisie nie. Jy moet vier dinge onthou:

1. Die foto moet met ’n selfoonkamera geneem word.

2. Jy moes die foto self geneem het.

3. Die foto moet by die “Swerflus”-tema inpas.

4. Slegs een inskrywing per persoon, so kies jou beste foto.

Verder kan jy mal gaan. Eksperimenteer met verskillende filters. Laai apps af en redigeer dat dit klap. Die is nie ’n kompetisie vir puriste nie. Inteendeel, ons gee ekstra punte vir mense wat lyk asof hulle die grense verskuif met hul foto’s.

Stuur jou foto’s na info@reismier.com en merk dit duidelik “OBiKWA-Reismier-fotokompetisie” Die foto moet in ’n jpeg-formaat wees.

Onthou ook om vir ons te vertel met watter app jy dit geskiet en geredigeer het en waar jy die foto geneem het.
Foto’s moet tussen 200 KB en 500 KB wees. Jou naam, e­-pos­adres en kontaknommers moet saam met die inskrywing staan.

Só kies ons die wenner

In die komende twee weke gaan ons ons gunsteling-foto’s op ons Facebook-blad laai. Alle foto’s word nie opgelaai nie en daar is eers ’n keuringproses. Die spertyd om die laaste inskrywings is te stuur is 28 Februarie om 12:00.

Op 3 Maart word ons 5 voorlopers aangekondig. Die OBiKWA-Reismier-paneel gaan dan hul gunsteling-foto uitsoek. Die wenner word op 11 Maart 2014 aangekondig.

Daar is 'n OBiKWA-wyn vir elke dag van die week.

Daar is ‘n OBiKWA-wyn vir elke dag van die week.

Die fynskrif

Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. Hou by die sperdatums.
Jy moet 18 jaar of ouer wees om deel te neem.
Die foto’s moet in ’n jpeg-leër in die e-pos aangeheg wees.
Die Reismier en OBiKWA behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer.
Die kopiereg en intellektuele eiendom van die foto berus by die fotograaf. Die Reismier en OBiKWA behou egter die reg om die vyf finaliste en die wenner se foto’s vir promosiedoeleindes te gebruik wat betrekking het tot die kompetsie. Die wenner sal op Die Reismier aangekondig word. Geen werknemer of familie van OBiKWA of Die Reismier mag deelneem nie. Die Reismier aanvaar nie verantwoordelik­heid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.
Die kompetisie kan teen enige tyd gestaak word.In dié geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Die Reismier of OBiKWA sal indien nie.
Produkpryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Eerste keuring word deur ’n pa­neel gedoen.
Die reg word voorbehou om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Die Reismier, OBiKWA, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word daaroor gevoer nie.
Die wenner moet bereid wees om sy ID-nommer te verskaf, soos vereis word deur die Verbruikerswet.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *