Hier is hulle! Ons het ons vyf gunsteling-foto’s gekies. Die wenner word Dinsdag, 11 Maart aangekondig.

obikwa-square

Samsung kraai duidelik koning onder Reismier se lesers. Al vyf ons voorlopers vir die OBiKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie het hul inskrywings met ‘n Samsung-selfoon geneem. Die foto’s gaan vandeesweek
deur ‘n paneel beoordeel word, wat bestaan uit Cornel van Heerden, ‘n bekroonde fotograaf van Media24, Marzahn Botha, reisskrywer -en fotograaf en OBiKWA se keldermeester, Michael Bucholz.

Ons sal wil graag ook van ons lesers hoor. Facebook-reëls verbied ons om die beste foto op grond van die aantal “likes” te kies. Ons wil ook nie hê die persoon met die meeste vriende, eerder as die persoon met die beste foto moet wen nie. As julle regtig van ‘n foto hou, lewer kommentaar onder aan die blad. Vertel vir ons waarom daardie foto jul inspireer om jul tasse te pak en nuwe bestemmings te wil verken. Die fotograaf van die beste foto sal ‘n kis wyn
en R1000 kontant, geborg deur OBiKWA wen.

Canolaveld

Canola Fields

Mauritz Lazenby het die foto van sy vrou, Lerone tussen die canolablomme buite Kaapstad geneem.
“Ons was op pad Stilbaai toe vir die naweek en was verstom deur die plate en plate canola-blomme,”
vertel Lerone.
“Ek is ‘n deeltydse fotograaf en ek wou nog altyd ‘n foto van myself tussen die blomme hê. Ek het vir
Mauritz beskryf wat ek in gedagte gehad het en hy het agter my Samsung Galaxy S4 ingeskuif.”

 

Verbeeldingsvlug

IMG_20140110_221930

JayJay Gregory het die foto geneem by die Randse lughawe. “Daar was vroeër die dag ‘n donderstorm
wat wonderlik is vir #puddlegram-entoesiaste.
“Dié foto maak my altyd lus om net op ‘n vliegtuig te spring vir ‘n sonsondergangvlug na ‘n
onbekende bestemming.”
JayJay het die foto met sy Samsung S4 geneem en dit is met Snapseed en Instagram geredigeer.

 

Wolke van onheil

IMG_20121231_191705

Chris van der Merwe het die foto net buite die Satara-kamp in die Krugerwildtuin
met sy Samsung Galaxy S3 geneem. “Ek het dit geredigeer met Instagram.”

 

Kleure van Bundi, Indië

IMG_20140227_084012

Olga Lombard het die foto met haar Samsung S4 mini in Indië geneem. “Die dorpie se naam is Bundi.
Ek het dit met Samsung Camera geneem en met Instagram geredigeer.”

 

Hippo Pools, Drakensberge

2014-02-27 11.38.34

Marista Scholtz het die foto by die Drakenberg Gardens Golf & Spa Resort geneem.
“Tydens ons ontdekkingsreis van die gronde het ons by die Hippo Pools gestop om na
die pragtige landskap en natuurtonele te kyk. Ek kon myself nie keer om ‘n foto van
die groep mense te neem nie.” Die foto is geredigeer met Instagram en Samsung Photo Editor.

Die reëls en fynskrif

Deelname aan die kompetisie impliseer aanvaarding van alle bepalings, reëls en voorwaardes. Hou by die sperdatums.
Jy moet 18 jaar of ouer wees om deel te neem.
Die foto’s moet in ’n jpeg-leër in die e-pos aangeheg wees.
Die Reismier en OBiKWA behou die reg voor om onderhoude met wenners te voer, foto’s te neem en dit te publiseer.
Die kopiereg en intellektuele eiendom van die foto berus by die fotograaf. Die Reismier en OBiKWA behou egter die reg om die vyf finaliste en die wenner se foto’s vir promosiedoeleindes te gebruik wat betrekking het tot die kompetsie. Die wenner sal op Die Reismier aangekondig word. Geen werknemer of familie van OBiKWA of Die Reismier mag deelneem nie. Die Reismier aanvaar nie verantwoordelik­heid vir borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.
Die kompetisie kan teen enige tyd gestaak word.In dié geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Die Reismier of OBiKWA sal indien nie.
Produkpryse is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Nie alle inskrywings word gepubliseer nie. ’n Eerste keuring word deur ’n pa­neel gedoen.
Die reg word voorbehou om finaliste te diskwalifiseer wat in enige stadium só optree dat dit Die Reismier, OBiKWA, die kompetisie of die betrokke finalis(te) se goeie naam in die gedrang bring.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie word daaroor gevoer nie.
Die wenner moet bereid wees om sy ID-nommer te verskaf, soos vereis word deur die Verbruikerswet.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

32 thoughts on “Die OBIKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie se 5 finaliste

  • Reply
    Margaret

    Die Canolaveld foto is stunning! Dit herinner my aan laas jaar toe ons so deur Riebeeck-Kasteel en die omgewing gereis het toe al die velde so geel was.

  • Reply
    Ronel Godfrey

    Ek hoop om ook so in die Canola-velde te kan staan, dit inspireer om te huppel en te juig………………

  • Reply
    Aubrey

    Kleure van Bundi, Indië

    Ek hou van al die fotos maar die een staan uit! Mens kan nooit stry dat natuur n mooi foto maak nie, maar die huisies is net huisies, dit reflekteer armoede en sonder om dit oor te bou of te verander maak dit n kuns stuk!

  • Reply
    marinda lazenby

    Sjoe dit is baie moeilik om te kies maar ek gaan sal graag wil he Canolaveld moet wen…dit is naby ons tuisdorp Stilbaai geneem en regtig een van die mooiste skeppings in die natuur deur ons Vader gegee. Ons hou duimvas al die pad hier uit Timika, Indonesia

  • Reply
    Jolandi Marais

    Die Canolaveld foto laat my verlang na daardie vryheid wat ons inspireer om te gaan reis ! Dit lyk soos ‘n droom!! Ek wil ook daarheen gaan!

  • Reply
    Marilie

    Olga Lombard se “Kleure van Bundi, Indië” is indrukwekkend: Die helder kleure kontrasterend tot die eenvoud van die nedersettings, die beboude area teen die kaal Karoo-agtige agtergrond. Mooi raakgesien, Olga!

  • Reply
    Jana Dreyer

    Kleure van Bundi, Indie! Kan nie glo dis met ‘n selfoon geneem nie. Wil sommer onmiddellik soontoe gaan om te kyk hoe lyk dit in regte lewe.

  • Reply
    Connie

    Hippo Pools – Rus en vrede, amazing foto! Pragtige uitbeelding van ‘n stukkie goud van ons eie land.

  • Reply
    Magreet Dreyer

    Die Kleure van Bundi, Indie ‘n besonderse trefkrag omdat dit ‘n mens toelaat om vir ‘n oomblik jouself in die daaglikse lewe van die inwoners – ondermeer ‘n man wat op die stoep sit; die wasgoed buite woonplekke – in te dink. Olga se foto beeld die eenvoud en armoede in die dorpie uit, maar terselfde tyd die mooi daarvan. Die pragtige toneel staan in sterk kontras met die idee van skoonheid/mooigeit waarin mens so maklik in die moderne samelewing van verval.

  • Reply
    sonel venter

    defnintief die canola veld foto. dit voel of ek self tussen die blomme staan. Dit inspireer my om self n veld met blomme te gaan soek.

  • Reply
    Karla

    Kleure van Bundi. Soms reis mens om iets meer as wat jy ken te beleef. Die foto laat my na so ‘n reis verlang.

  • Reply
    Charne

    Kleure van Bundi. Die foto is meer as net n goeie foto, dit se ook baie. Op n manier vat dit iets wat gewoonlik n oog seer is en maak dit kuns. Dis indrukwekkend dat dit met n selfoon geneem is!

  • Reply
    Anina

    Die Kleure van Bundi, Indie foto is my gunsteling. Die kontras tussen die swart armoede en blou mure is indrukwekkend! Dis soveel anders as die chaotiese, intense Indie wat mens gewoonlik sien. Dit maak my lus om my tasse te pak, op ‘n vliegtuiq te klim en lande self te gaan ontdek!

  • Reply
    Liz Fourie

    Hippo Pools
    Kos vir die siel. Ek het ook lekker geglimlag vir die klomp in hulle baaibroeke.

  • Reply
    Johan Scholtz

    Hippo Pools

    Rustigheid in die natuur tussen die kabbelende water wat musiek is vir die siel. Sal enige tyd terug gaan om die wonderlike skepping te aanskou en die rustigheid te ervaar.