Voordat jy die strande van Zanzibar aandurf is dit beslis die moeite werd om eers ‘n paar dae in Stone Town deur te bring. Rondom elke stegie wag ‘n foto, meen Marzahn Botha

Carla-16

Masai-kryger. ‘n Regte Masai met sy fyn gelaatstrekke staan by die poorte van die stad.

Carla-15

Toe ons een oggend opstaan en by ons hotelkamer by die Serena Hotel in Stone Town uitkyk, toe speel die toneel voor ons af. Die mense van Zanzibar is baie fiksheidsbewus en oral sal jy mense sien wat oefen. Die vroue oefen  in hulle kangas en hulle het ‘n fiksheidsinstrukteur wat hulle motiveer en aanmoedig.

Carla-13

Die foto is voor ‘n ou Turkse bad geneem. Alhoewel dit nie meer in werking is nie, is dit ‘n nasionale monument. Die Arabiese skrif en Gujerati-styl deure vorm saam ‘n prentjie.

Carla-12

As jy nie ‘n bao-bordjie het nie, maak jy ‘n plan. So tussen deur die dag se take en aartappel skil word daar ook gespeel. Bao is die moeilikste speletjie in Tanzanië en kom van die woord “mancala” af wat “om te beweeg” beteken

Carla-10-2

Die kroeg by Emerson’s House. Die trappe klim is die moeite werd, hier kry jy die beste uitsig oor Stone Town.

Carla-8

Kinders sit graag op die trappe voor imposante Zanzibar-deure. Die deure, met hul fyn houtwerk is ‘n belangrike deel van Zanzibar se erfenis. Daar is amper 500 van dié deure in Zanzibar.

Carla-6

Eerder as jou tipiese vergulde Rooms-Katolieke kerk is die St Josef kerk in Stone Town versier in helder kleure en patrone.

Carla-5

Kinders baljaar in die see tydens sonsondergang.

Carla-4

Die vroue van Stone Town hou nie daarvan as jy van hul foto’s neem nie, maar die vrou, Aishd was heel gelukkig om met die kamera te flankeer. Sy het ‘n spontane speelsheid in haar gehad wat ons bekoor het.

Carla-3

Stone Town is vol strandkatte. As jy op die strand loop, lê hul uitgestrek oor die sand, soos lang lenige sonbaaiers.

Carla-2

Teen sonsondergang is die strande gepak met oefengeesdriftiges wat die laaste son indrink.


Leave a Reply to Trix Bester Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 thoughts on “Die mense van Stonetown

  • Reply
    Trix Bester

    Pragtige foto’s. Vir ‘n reis en foto betottelde ‘n ware aansporing. Hoe veilig is dit vir ‘n vrou om alleen daar te reis?

    • Reply
      Die Reismier Post author

      Beste Trix
      Ek en ‘n vriendin het saam gereis en dit vreeslik geniet. Nietemin was daar baie enkelvrouereisigers. Jy moet egter onthou dat Zanzibar oorwegend ‘n Islam-eiland is en dat ‘n bietjie deugheid ‘n vrou se lewe baie makliker maak. Op die strande kan jy waai met jou bikini, maar in Stonetown het ek altyd gesorg dat my skouers en kniee bedek was. Baie mense weet ook nie, maar Zanzibar is ‘n gewilde sekstoerismebestemming vir vroue, oral om die eiland sien jy vroue met ‘n aantreklike “Masai-kryger” aan hul sy. Die mans probeer dikwels geselsies aanknoop sodat jy ‘n potensiele “klient” vir die week kan wees, maar ‘n vriendelike maar ferm nee-dankie, laat jou dikwels in vrede. Dra ‘n goedkoop silwer trouring ook vir ingeval. Die beste ding van Zanzibar is dat dit ‘n bekostigbare eilandbestemming vir Suid-Afrikaners is.