Ongelooflike Okavango Delta

Klink ’n mobiele bootsafari met driegang maaltye, sagte linne en persoonlike diens soos iets wat net ryk Yanks kan bekostig? Carla Lewis-Balden het in die Okavango Delta ‘glampeer’ sonder dat dit haar ’n arm en ’n been gekos het. Ek sit onder ’n skadunet op ’n aluminiumbootjie. ’n Blote spikkel iewers in die suide van […]

Skemer in die Delta is die mooiste tyd van die dag.

Sandsteenformasies rys uit die see. Dit is die uitsig, wanneer jy op die strand sit.

Die ongerepte deel van Thailand

As jy Phuket se gefuif wil ontsnap, is die piepklein eilandjie van Ko Ya Noi die perfekte bestemming, meen Carla Lewis-Balden Dis Desember, die besigste seisoen in Thailand en ons gesin is die enigste mense op ‘n strand aan die suidelike gedeelte van Koh Ya Noi-eiland. 
Dis nie asof daar iets fout is met die […]


Raak uitgerus by Rocktail Beach Camp

By die Rocktail Beach Camp is die kanse goed dat jy eerder geitjiemis as sjokolade op jou kussing sal kry. Sy sal dit geensins anders wil hê nie, skryf Carla Lewis-Balden. Dit was ons tweede dag by die luukse strandlodge in Maputaland in KwaZulu-Natal en ek was verdiep in ’n misdaadriller in ons tent toe […]

Rocktail Beach Camp is in die Noorde van Natal geleë.

‘n ‘Local’ se gids tot Graskop

Gerda van den Bos, ’n Graskop-inwoner vertel van haar gunsteling-doendinge in die pragtige dorpie. Soms vergeet ek, ek bly in ‘n vakansiedorp. Dis nie moeilik om te begryp waarom reisigers gaande is oor Graskop nie. Ek dink dit is die omgewing. Ons sit hier tussen die berge, bo-op die Platorand. Kyk in enige rigting en […]

Die pragtige uitsig by God's Window.

Elke jaar met die skrywer se verjaarsdag ruk daar honderde Hemingway-doppelgängers op na Key West. Foto: Andy Newman, REUTERS

Ontdek Ernest Hemingway se Key West

Marlise Scheepers hang uit saam met honderde Hemingway-doppelgängers tydens die skrywer se 114ste verjaarsdag in Key West, Florida. Die klassieke skrywer Ernest Hemingway het in die 1930’s in Key West, Florida gebly. Somtyds het hy bietjie in tyd in Kuba verwyl en dan weer in Key West. Dié eiland maak deel uit van die Coral […]


Bushfire Swaziland: So asof die lewe ’n musiekfees is

Musiekfeeste dóén goeters aan ’n mens se gemoed, skryf Hannes Myburgh ná ’n naweek by Bushfire, Swaziland se grootste musiekfees. Kortstondig hou ons hande vas, ’n paar sekondes van ironiese hartseer solidariteit terwyl vrolike Salsa-ritmes oor die wiegende skare spoel in die wye Swazi-vallei. Verlore liefdes, myne akkuut, hare ’n langdurige hopelose hoop, en die […]

Colombia se LA-33

Kuns, kultuur, karakter - Swaziland maak reg vir die internasionale Bushfire-musiekfees. Foto: Verskaf

Musiek in Swaziland se berge  

Swaziland se wye Ezulwini-vallei speel jaarliks gasheer vir dié koninkryk se internasionale Bushfire-musiekfees. Duisende toeskouers stroom die naweek na House on Fire, ’n plaas -en feesterrein waarvan die geboue ’n mens aan die skeppings van die eksentrieke Spaanse argitek, Antoni Gaudi herinner. Hier word daar ’n naweek lank tussen die mielie-en suikerrietplantasies makietie gehou, terwyl musikante en ander […]


Ek, my paspoort en Duitsland

As jy eers vasgevang word in die roetine van ’n dorpie soos Naboomspruit in Limpopo dink jy soms jy’t jou paspoort nodig om die Jukskei-rivier oor te steek. Annami Mailovich het gedink sy sal Suid-Afrika nooit verlaat nie. Op 15 het sy van die FSA-leerlinguitruilprogram gehoor, aansoek gedoen en haar tasse vir Duitsland gepak.  Dís wat gebeur as ’n […]

Sendlinger_Tor_Muenchen_2004

Die Drakensberge

Dagboek van ’n stapper 3

Cathedral-piek is een van die juwele van die Drakensberge, maar vir sommige is dit hoe jy daar kom wat saakmaak. Jana du Plessis is geneig om die lang pad te kies en was nog nooit spyt nie. Die Drakensberge is meer as 200 miljoen jaar oud.  As ’n mens jou voete op die antieke basalt […]