Owen Wilson, Steve Martin en Jack Black in die voëlkykfliek, 'A Big Year.'

5 dinge wat net voëlkykers sal verstaan

Die voëlkyk-gemeenskap is so bietjie soos die jukskeispan op hoërskool. Die kinders wat daaraan deelgeneem het was vreemd en niemand kon regtig die aanloklikheid van die sport verstaan nie, meen Carla Lewis-Balden 1. Ons ry verby die luiperd, maar stop vir ’n vaal bruin voëltjie Voëlkykers is dikwels nie gewild rondom ander “normale” toeriste nie. […]


Elke jaar met die skrywer se verjaarsdag ruk daar honderde Hemingway-doppelgängers op na Key West. Foto: Andy Newman, REUTERS

Ontdek Ernest Hemingway se Key West

Marlise Scheepers hang uit saam met honderde Hemingway-doppelgängers tydens die skrywer se 114ste verjaarsdag in Key West, Florida. Die klassieke skrywer Ernest Hemingway het in die 1930’s in Key West, Florida gebly. Somtyds het hy bietjie in tyd in Kuba verwyl en dan weer in Key West. Dié eiland maak deel uit van die Coral […]


Panama: Cuba Libres het nie brieke op Bocas-eiland nie.

Die eiland, Bocas del Tora in Panama is ’n paradys van seesterre, eenrat Cruiser-fietse en happy hours, skryf Carina Jooste. Reiswenk nommer een in Sentraal-Amerika: Pak jou pluisstofbaadjie in wanneer jy ’n nagbus na ’n nuwe bestemming neem. En ’n tweeliter bottel sherry. Suiwer alkohol sal ook werk. Die gemiddelde temperatuur op die nagbus wat […]

Panama

Nashville7

Nashville: Kom kuier in Dolly en Willie se wêreld

Marlise Scheepers is ’n musiekmens. En vir musiekmense is ’n besoek aan Nashville, Tennessee die gelyke van ’n heilige pelgrimstog. Dis nou as jy lewendig daar uitkom. Nashville, die musiekstad. Dis die tuisdorp van countrymusiek-legende, Dolly Parton. Moet asseblief nie neersien op Dolly Parton nie, liewe vriende, sy het baie meer geld as enige een […]


Bushfire Swaziland: So asof die lewe ’n musiekfees is

Musiekfeeste dóén goeters aan ’n mens se gemoed, skryf Hannes Myburgh ná ’n naweek by Bushfire, Swaziland se grootste musiekfees. Kortstondig hou ons hande vas, ’n paar sekondes van ironiese hartseer solidariteit terwyl vrolike Salsa-ritmes oor die wiegende skare spoel in die wye Swazi-vallei. Verlore liefdes, myne akkuut, hare ’n langdurige hopelose hoop, en die […]

Colombia se LA-33

Sendlinger_Tor_Muenchen_2004

Ek, my paspoort en Duitsland

As jy eers vasgevang word in die roetine van ’n dorpie soos Naboomspruit in Limpopo dink jy soms jy’t jou paspoort nodig om die Jukskei-rivier oor te steek. Annami Mailovich het gedink sy sal Suid-Afrika nooit verlaat nie. Op 15 het sy van die FSA-leerlinguitruilprogram gehoor, aansoek gedoen en haar tasse vir Duitsland gepak.  Dís wat gebeur as ’n […]