Is jy een van daardie mense wat altyd ’n duisend vakansiefoto’s neem, maar niks uitdruk nie. Lê jou kiekies iewers op ’n hardeskyf of selfoon en gaar digitale stof op?

Maak van jou vakansiefoto’s ’n kunswerk saam met Printwild, ’n maatskappy wat al jou gunsteling foto’s of afbeeldings vat en dit op doek of op akrieliese doek druk, dit blok of dit laat raam. Die beste is dat jy nie eers jou eie huis hoef te verlaat om iets te laat druk nie. Dis so maklik as om jou foto op te laai, die grootte en medium te kies en dan ’n elektroniese oorbetaling te doen.

Kies jou medium, doen jou EFT en binne 7-9 werksdae het jy pragtige kuns vir jou muur.

Kies jou medium, doen jou EFT en binne 7-9 werksdae het jy pragtige kuns teen jou muur.

Jou kunswerk sal dan in 7-9 werksdae by jou huis afgelewer word, reg om teen jou muur te hang. As jy boonop in ’n groot stad bly word enige bestelling bo R300 gratis by jou huis afgelewer.

Ons is veral mal oor die Faceblocks, wat 150 mm x 150 mm groot is. Teen R60 ’n stuk kan jy vir jou ’n indrukwekkende fokusmuur laat doen vir onder R1000 van al jou gunsteling Instagram-foto’s. Hul klante is ook vol lof vir die produk, wat se drukgehalte uitstekend is. Daar is nou geen rede om al jou foto’s op jou selfoon te laat opgaar nie!

Teen R60 'n blokkie kan jy sommer 'n fokuspunt met Printwild se Faceblocks skep.

Teen R60 ‘n blokkie kan jy sommer ‘n fokuspunt met Printwild se Faceblocks skep.

Vir beter gehalte foto’s wat meer kunstig is, stel ons die boksrame voor. ’n A2-grootte kos minder as R800 en is ideaal vir trou -en kunsfoto’s.

Printwild bied ook geskenkbewyse, wat die ideale geskenk maak vir ’n vriend se troue of verjaarsdag. Besoek net hul webblad, tik in hoeveel jy wil bestee en Printwild sal die elektroniese geskenkbewys na jou vriend toe stuur.

Vir meer inligting, besoek hul webblad by www.printwild.co.za of bel 086 999 0233.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *