Na dertig kliek iets in jou brein. Dan is rastalokke, tie-dye, bunk beds en gedeelde badkamers ewe skielik nie meer so lekker nie. 

Wat bedoel jy julle bedien net bokswyn? 

Screen Shot 2014-08-12 at 10.28.24 AMTien jaar gelede het ek enige iets wat ’n alkoholpersentasie van meer as 20% by my keelgat afgegooi. Lietsjie-papsak in Potch. Oom Boško se backyard moonshine in Kroasië. Ryswhiskey in Kambodje. Enige iets cheap and cheerful, solank dit jou net nie blind maak nie. In jou twintigs het jy mos die gestel van ’n os. Op dertig raak terme soos “oesjaar” “neus” en “enkelmout” egter al hoe belangriker, veral soos jou hersteltyd al hoe langer word. Dit help ook dat jy ‘n ordentlike salaris verdien en nie meer drinkgeld by jou ouers bedel nie. Daai babelas moet dan die moeite werd wees. Noem my ’n snob, maar ek mors nie ’n kopseer op Dros-Carnaval se laat Namakwa-oes-bokswyn-blend nie.

Jy kyk uit vir kindervriendelike geriewe

Ek het nog nie kinders nie. Maar ek het vriende en familie wat wel het. Dis maar wat na dertig gebeur. En wanneer ons weggaan, word “child friendly” heel eerste by Google ingetik, wanneer daar na verblyf gesoek word. Is die swembad omhein? Is daar visvingers op die spyskaart? Is daar ’n kinderklub wat die telg kan oppas, terwyl ons overpriced cocktails by die swembad drink? Gaan die dromsessie na 22:00 klein Jannie se slaap versteur? Dit is alles baie belangrik wanneer die kroos saam vakansie hou.

Jy beplan jou aktiwiteite rondom jou babelas f7e7900f7e197d8d8867a8e3573c7f21170a91032460196004dfa1530387f963

Onthou jy hoe jy tot in die vroeë oggendure by een of ander obskure underground club in Amsterdam se nywerheidsgebied kon partytjie, terugkeer na jou backpackers, tande borsel en dan vyf kunsmuseums in ’n ry kafdraf? 
Nou word aktiwiteite rondom ’n babelas beplan.“Goed, ons is van plan om vanaand ’n bottel wyn uit te drink, so dit beteken ’n laat-ontbyt. En skip maar die beach volleyball-aktiwiteit na middagete.” Of “More is ’n reisdag, so almal moet vroeg in die bed wees. Net twee biere vanaand, kêrels. Môre gaan ons deur doeane.”

En-suite raak al hoe meer belangrik

In my vroeë twintigs was ek gefassineerd deur die gedeelde unisex badkamers by backbackers. Daar was iets baie bevrydend om met Sven die sexy Sweed in net ’n handdoekie te gesels oor ’n buisie tandepasta. Op 20 het swaartekrag jou bates nog nie ’n teefklap gegee nie en ’n posseël-grootte sarong was die ideale lokaas om eksotiese wild te vang.
Tien jaar later is en-suite ’n moet wanneer ek verblyf bespreek. Daai miniatuur botteltjies sjampoe en sepies maak my opgewonde. En daar is geen manier hoe ek nou kleinpraatjies met gap jaar snuiters wil maak oor hoe Swazi Gold met Amsterdam Hash vergelyk nie.

Die geselskap is nie meer interessant nie.

97504aa1daf0919608f8843dc3dc3ea735e9f6cded26307e9349d4a8413ea161

“Is Holden Caulfield ook jou literêre held?” “Eintlik word die FARC-rebelle in Colombië net misverstaan.” “So waar in die Transkei kry ’n mens die beste dagga?” “Jack Kerouac was so bietjie van ’n sell-out. Jy moet eintlik Henry Miller lees.” “Daai Peyote-seremonie het my lewe verander.” Die eerste keer wanneer jy aan die gesprekke deelneem, voel dit amper asof jy in ’n gewyde atmosfeer is. Jy is so bevoorreg dat dié groep boheemse vrydenkers jou belangrik genoeg ag om jou by hul gesprek in te sluit. Totdat jy na ’n paar dae agterkom die gesprekke klink almal dieselfde. En na ’n ruk voel jy asof jy deel is van Groundhog Day, behalwe met meer baarde, tie dye en liggaamreuke. En eksemplare van Shantaram.

Avontuur is te veel moeite

In jou twintigs kon jy nie wag om jouself by ’n brug af te gegooi, deur skuimende maalkolke van die dood te kajak en kort daarna drie shooters tequila met die vlasblonde Sweed te drink nie.
Nou klink dit net na te veel moeite. Met ’n onlangse toer in Peru in kon ek kies tussen white water rafting tussen die Andes, of ’n interaksie saam met ’n plaaslike Quecha-familie en hul marmotte. Laasgenoemde het gewen.

Jy raak moeg vir almal se filantropie teenoor Afrika

Kyk, ek baie respek vir die MSF en Peace Corps-dokters wat Ebola en ander dodelike siektes in Wes-Afrika se oerwoude aandurf. Maar as ek nog een keer om ’n kampvuur moet sit en luister hoe iemand  Afrika se wild gaan red deur basies leeuwelpies vir ‘n maand te vryf op ’n voluntourism-projek? Of hoe barbaars jag nou eintlik is (terwyl hulle aan goedkoop Suid-Afrikaanse fillet steak smul)? ’n Paar jaar terug sou my hart oorgeborrel het vir die vrygewige siele wat hul dollars so mildelik in Afrika kom rondstrooi. Nou wil ek hul net terugstuur op die eerste Delta-vlug VSA toe.

 


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

5 thoughts on “7 maniere hoe reis na jou dertigs verander

  • Reply
    Margaret Mentz

    Uitstekend… ek het nou so lekker gegiggel… Maar ek moet bieg, ek is ook een van daai wat gerief hoog op die ranglys sit en glo my, teen 40 is gerief ‘n noodsaaklikheid.

  • Reply
    Alet

    Baie oulik. Meestal stem ek heelhartig saam. Maar ons het ook onlangs die avontuur vs Quecha-familie keuse gehad. Sonder twyfel kies ek deesdae die avontuur, want in my jonger dae was ek gefasineer met inheemse stamme wat vir jou demonstreer hoe hulle woon en oorleef, maar intussen het ek besef dis meestal ‘n toerisme-foefie en sodra ons daar weggaan verruil hulle alles wat tradisioneel is vir die geriefliker westerse weergawes.

    • Reply
      Die Reismier Post author

      Hierdie “interaksies” met die plaaslike inwoners kan partymaal so bietjie van ‘n toeristelokval wees. Ek moet egter sê, ons toergids, Gabriella, ook ‘n Quecha-vrou het ons na familie van haar geneem. Dit was fassinerend. Marmotte wat piep om jou voete. ‘n Altaar van (regte) kopbene van die voorvaders. En ons het Chicha-bier gedrink, wat nie eintlik die lekkerste brousel is wat ek al ooit geproe het nie. Dankie vir jou kommentaar en die terugvoer!

  • Reply
    freda

    En dan verander ALLES na retrenchment (op 53)

    Backpackers word die antwoord vir jou uitgemergelde nine-to-five siel – jy is in die sixties (baby-boomer) gebore maar jy wil hoegenaamd NIKS van sixty af weet nie – alhoewel dit op die horison vir jou le en koggel

    Die Millennial backpacker is ‘n reisiger – ‘n visionary – jy deel ‘n dorm (outydse koshuis kamer) met Svetlana, Liesbet en Ming – die badkamers is beeldskoon – so ook die kinders wat geen dier-getoetsde room of onderlaag of tandepaste duld nie, alhoewel rizzler-gerolde-twakkies soveel meer aanvaarbaar vir die gelaat en tande is…

    Back to backpacking and the basics – Jou retrenchment pakket is uber beperk

    Jy moet nou OF weer iemand se poepol wees en die belaglike koffie-aandra-roetine vir ‘n luigat baas doen OF jouself bloodstel aan twenty somethings wat soveel van die wereld en die natuur en die redding van beide weet dat jy sommer skaam kry omdat jy die eerste opsie oorweeg het.

    Entrepreneurskap is die antwoord want jy kan nie bekostig dat die mat weer onder jou voete uitgepluk word nie

    Byekorwe en druif-versoete-beskuit (suikervry) word in n nuwe lig gesien. Permaculture is deel van jou woordeskat en low and behold weet jy wat dit beteken. Jy sit vir ‘n didgeridoo sessie en jou lack of ritme op die tromme laat jou van binne skaam kry maar jy laat niks blyk nie. Fake it – till you make it…

    • Reply
      Die Reismier Post author

      Frida, ek sal definitief meer van jou avonture wil hoor. Ek het ook ouers wat ‘rage against the dying of the light’, hulle is beide 60-plussers, maar het meer energie (en is net so halsstarrig) as die meeste tieners.
      Groete!