Van Parys tot Lake Louise, sien die wêreld soos ’n gesoute reisiger. Bespreek voor 31 Augustus by Trafalgar en spaar 7.5% op jou reis

Vergeet van die somer in die Noordelike Halfrond, dit is gewoonlik net ’n vertrapping wat al die groot stede in ’n mosh pit met ellelange rye verander. Die beste tyd om Europa en Noord-Amerika te verken is tydens herfs, winter en lente, wanneer die hordes verdwyn het, die pryse geval het en van die bestemmings werklik op hul mooiste is.
Trafalgar, die wêreldleier in begeleide vakansies het onlangs hul 2015/2016 brosjure vir die Noordelike Halfrond se herfs, winter en lente saamgestel. Hier is vyf reisplanne wat ons aanbeveel.

Die Kersmarkte van Strasbourg en die Swartwoud

Strasbourg se Kersmark, in die noorde van Frankryk is die oudste een in Europa.

Strasbourg se Kersmark, in die noorde van Frankryk is die oudste een in Europa.

Die toer skop af in die Stad van Lig en Liefde en vertrek dan na die Alsace-streek en deur die Swartwoud. Dit is die eerste Trafalgar-toer wat jou na Strasbourg neem om die Christkindlmark, Europa se oudste en grootste Kersmark te ervaar. Wandel deur die Münsterplatz in Freiburg, wat deur Romaneske en Gotiese argitektuur omring word en sien die kleurvolle Merchants Hall. Vir ’n outentieke markervaring kan jy ook sien hoe die plaaslike kunstenaars van die Swartwoud ’n koekoekklok aanmekaar timmer.

Die Kersmarkte van Oostenryk, Duitsland en Switserland

Stap in die voetspore van die Von Trapps in Salzburg, Oostenryk.

Stap in die voetspore van die Von Trapps in Salzburg, Oostenryk.

Volg die voetspore van die Von Trapp-gesin met ’n besoek aan die Mirabell-tuine, waar aktrise Julie Andrews die note van “do-re-mi” uitbasuin het. Jy kan jou Kersinkopies doen by Salzburg se oudste en opwindendste straat, Getreidegasse, voordat jy die Feessaal, St Petruskerk en die Fort van Hohensalzburg in dié stad besoek. Drink ’n glas glühwein en eet ’n skyf stollen, ’n heerlike Duitse vrugtekoek wat van gedroogte vrugte, neute en speserye gemaak word. ’n Hoogtepunt is ’n toer van die Hofburg-paleis, waar Trafalgar se plaaslike spesialiste jou al die versteekte hoekies en gatjies gaan uitwys.

Die geheime winterwonders van Yellowstone

Yellowstone in die winter.

Yellowstone in die winter.

Ontdek die geheime van die Amerikaanse Weste met dié toer. Reisigers bring vier nagte in die Yellowstone natuurreservaat deur en sal Amerika se bekendste en eerste nasionale park in diepte verken. Die aantal reisigers op die toer word beperk omdat Trafalgar die minder bekende gedeeltes van die park besoek, waar min toergroepe kom. Jy besoek ook Jackson, die Grand Teton nasionale park en Bozeman, voor jy uitspan by die Mammoth Hot Springs Hotel en die 320 Guest Ranch in Montana.

Die Kanadese Rockies se winterwonderland

Lake Louise in Kanada is bekend vir sy helder turkoois water.

Lake Louise in Kanada is bekend vir sy helder turkoois water.

As jy winter op sy mooiste wil sien, is die Kanadese Rockies die plek om dit te doen. Dié toer het die perfekte balans met ’n besoek aan Vancouver, ’n treinrit op The Canadian, een van Kanada se ekslusiefste treine en ’n aand in The Fairmont Chateau Lake Louise, wat uitkyk oor die helder turkoois waters van Lake Louise. Jy besoek ook drie van Kanada se bekendste nasionale parke en word deur ’n plaaslike familie op hul wynplaas onthaal.

Duitse Kersmarkte

Duitsland in die winter is pragtig, veral wanneer dit Kerstyd is.

Duitsland in die winter is pragtig, veral wanneer dit Kerstyd is.

Reis deur die Duitse stede van Frankfurt, Rothenburg, Nuremberg, Eisenach, Erfurt, Weimar, Dresden, Leipzig en Berlyn. Die toer verken Duitsland se beste Kersmarkte in ’n reisplan wat die geskiedenis en tradisies van Europa se Kersmarkte ten toon stel. Met die 8-dag toer sal jy twee UNESCO wêrelderfenisgebiede besoek, insluitende die World Wartburg Kasteel in Eisenach en die dorpie Weimar. In Berlyn, sal ’n plaaslike kenner jou op ’n toer deur die hoofstraat,Hauptstraße neem, die Operahuis wys asook die Universiteit van Humbold, wat 27 Nobel pryswenners opgelewer het.

Bespreek nou en spaar tot 7.5% op ’n reisplan wat in Trafalgar se 2015/16 Herfs, winter en lente-brosjure verskyn, as jy voor 31 Augustus 2015 bespreek. Vir meer inligting, besoek www.trafalgar.com.

Vir meer inligting oor Trafalgar, kontak jou naaste ASATA -reisagent, volg hulle op Twitter by @TrafalgarSA en ‘like’ hulle op Facebook.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *