As die wiel draai, is Wagter en Sokkies saam met jou in die kar? As jy nie jou vakansie sonder jou troeteldiere kan indink nie, kan jy hulle na die vyf bekostigbare bestemmings in Lekkeslaap se portefeulje neem.

1. Karoo Retreat in Oudtshoorn 

Karoo Retreat in Oudtshoorn.

Karoo Retreat in Oudtshoorn.

Karoo Retreat is ’n pragtige Karoo-styl huis in Oudtshoorn. Dit is die ideale plek vir ’n selfsorg-wegbreekplek. Bly hier as jy moeg is vir klein hotelkamers en ware Karoo-kultuur en gasvryheid wil ervaar. Die gastehuis het vier groot kamers en ’n aparte selfsorg-eenheid wat op ’n groot patio met sy eie privaat swembad oopmaak.

Eenheid 1 het twee en suite-kamers met storte. Alle kamers het privaat stoepe wat toegang na die swembad bied. Die eenheid het ’n toegeruste kombuis, vuurmaakplek, sitkamer met een dubbelslaapbank en privaat tuin.

Eenheid 2 het twee en suite-kamers met storte. Alle kamers het privaat stoepe wat toegang na die swembad bied. Die eenheid het ook ’n ten volle toegeruste kombuis, vuurmaakplek, sitkamer met 1 dubbelslaapbank en privaat tuin.

Daar is ook ‘n luukse kothuis met koningingrootte-bed, en suite-badkamer met bad, tee en koffie-geriewe en ’n yskassie. Dit is langs die swembad met sy eie private dek. Karoo Retreat het ook braaigeriewe. As jy nie lus voel om te kook nie, sal hulle ook vir jou ’n ontbytpakkie saamstel.

2. Sea Villa Glen Graig in Pringlebaai 

Sea Villa Glen Craig in Pringlebaai.

Sea Villa Glen Craig in Pringlebaai.

By Sea Villa Glen Craig kan jy kies tussen 24 snoesige, en suite-slaapkamers. Daar is ses suites met dubbelbeddens en 18 met twee enkelbeddens – elke suite lei na die breë stoep wat die vreedsame binnehof omsoom.

Span uit in een van hul gerieflike beddens met kraakvars, suiwer katoenlinne, raak aan die slaap met die stilte en die natuur om jou en die reuk van fynbos en die see in die lug. Elke slaapkamer het ‘n TV, ‘n elektroniese kluis, haardroër, verhitte handdoekrelings, oorhoofse waaier en verversingskinkbord. Daar is ook ‘n lessenaar met ‘n kragpunt vir jou skootrekenaar. Al die kamers lei na die binnehof oorkant die lapa. Die grasperke sal jou hond vir ure kan besig hou.

3. Brakdakkie in Prins Albert

Brakdakkie in Prins Albert

Brakdakkie in Prins Albert

Brakdakkie kry nie verniet uitstekende resensies van die land se mees toonaangewende publikasies nie.

Die eienaars het ’n liefde vir oudhede, Brakdakkie was baanbrekers in die unieke dekorstyl van ouwêreldse Karoo-sjarme, gekombineer met moderne luukshede in die ongelooflikste ligging. Brakdakkie Guest Cottages is in 1850 opgerig en was voorheen die strukture van die donkieskuur van die oorspronklike plaas, Sonskyn. Die kamers is gevul met skatte van toentertyd en is pragtig gerestoureer om die plaas se oorspronklike sjarme te behou. Brakdakkie is binne stapafstand van alle winkels en restaurante in Prins Albert.

Daar is 4 privaat kothuise, met slaapplek vir tot 12 mense wat beskikbaar is vir selfsorg-verblyf. Elke kothuis bied luukse en suite-badkamers met handdoeke, stortjel en sjampoe. Die slaapkamers se beddens is opgemaak met 100% perkallinne. Die kombuisies is volledig toegerus vir selfsorg-behoeftes. braaiplek, privaat plonspoele, veilige parkering van die straat af vir voertuie, motorfietse en waentjies. Kinders is baie welkom en sal die oop ruimtes geniet. Daar is ook hoenders en eende wat hul kan voer.

4. Emily in Paternoster

Emily in Paternoster.

Emily in Paternoster.

Die selfsorghuis Emily is geskep om in te pas in by Paternoster se vissersdorp-atmosfeer. Die huisie kombineer moderne gerief met ‘n huisie-by-die-see gevoel.

Die eienaars van die huis wil graag besoekers ‘n sakpas-wegbreek na die toevlugsoord van Paternoster te bied. Die hoofkothuis bestaan uit twee slaapkamers, twee badkamers, twee sitkamers, binne vuurherd/braai-area, ’n ten volle toegeruste kombuis en veilige parkeerplek in die agterplaas.

Emily Bo en Onder bestaan uit ‘n kombuis, slaap- en leefkamer, aparte stoep en braai-area. (Emily Onder het ‘n stoep by beide ingange).

Linne en handdoeke word voorsien. Vir addisionele dienste, laat weet ons gerus sodat ons die skoonmakers se kontakbesonderhede aan jou kan verskaf.

5. Die Boord in Stellenbosch 

Die Boord in Stellenbosch.

Die Boord in Stellenbosch.

Die Boord gastehuis pas perfek in by Stellenbosch se wêreldbekende argitektuur. Die suites is uiters ruim en poog om ‘n ware tuiste vir besoekers te skep. Die gaste van Die Boord wil gewoonlik die toeristestormloop probeer vermy en dié unieke universiteitsdorpie in al sy prag beleef vanuit ’n verblyfplek met ’n gerieflike ligging.

Elke suite het ‘n ekstra-lengte, koningingrootte-hemelbed, volledig toegerus met ’n kombuisie, ’n kluis, ’n en suite-badkamer en ’n privaat ruimte buite, DStv en gratis WiFi. Die gesin-suite het ’n aparte sitkamer/eetkamer/kombuisie, met twee slaapkamers: een vir volwassenes met ‘n lieflike koningingrootte-hemelbed, en ’n aparte kamer vir kinders onder 12 jaar met ‘n snoesige stapelbed. In dié spesifieke eenheid bly kinders onder 12 jaar gratis!

Die gastehuis is geleë in ’n groot park, drie minute vanaf Stellenbosch se historiese middedorp in Dorpstraat. Stellenbosch se Medi Clinic en Die Boord Winkelsentrum is net ‘n entjie met die pad af. Toegang tot die R44 is in ‘n japtrap en dan bevind jy jouself op die wêreldbekende Wynroete, die Strand, Kaapstad en, natuurlik, die lughawe.

*Let wel, indien jy jou troeteldiere saamneem, moet daar altyd voor die tyd reëlings met die gastehuise getref word.

Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *