Die verblyf van Lekkeslaap kos minder as R500 per persoon per aand en is net ‘n paar ure van Pretoria en Johannesburg geleë.

Clarens, Vrystaat: Fairview cottages

Clarens

Fairview Cottages bied gemaklike selfsorg-verblyf in Clarens en is stapafstand van verskeie winkels en restaurante. Clarens is aan die voorheuwels van die Malutiberge geleë en is naby aan die Golden Gate Nasionale Park.

Die verblyf bestaan uit twee selfsorg-kothuise, “Garden Cottage” en “Views Cottage”. Albei eenhede het ’n dubbelbed, en suite-badkamer en ’n toegeruste kombuisie met ’n yskas, mikrogolfoond, stoof en koffie- en teemaakgeriewe. Die kothuise het ‘n eetkamerarea en ‘n TV. Elektriese komberse, beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Veilige parkering is beskikbaar vir gaste. Kliek hier vir nog inligting.

Drakensberge, Natal: Drakensview

Drakensview

Drakensview se selfsorg-kothuise is op ’n heuwel geleë en bied uitstekende, ongehinderde uitsigte van die Drakensberge. Dié losstaande eenhede is modern versier en is die ideale keuse as jy selfsorgverblyf verkies. Ontbyt kan ook op versoek voorsien word.

Elke suite bestaan uit ’n luukse koningsgrootte bed, wat met Oxford-linne oorgetrek is. Daar is ’n volledig toegeruste kombuis met ’n mikrogolfoond, stoof en yskas en ’n en-suite-badkamer, wat met handdoeke voorsien is. Elke suite het ook sy eie televisie met DStv-pakket (sport & flieks).

Die eenhede se stoepe kyk uit oor die Natalse landskap en die Drakensberge. Drink ’n skemerkelkie op die stoep, nadat jy die area verken het. Spioenkop Natuurreservaat is slegs ‘n klipgooi weg en Drakensview is slegs 3.5 km van Winterton geleë. Daar is ook braaigeriewe beskikbaar. Kliek hier vir nog inligting.

Natalse Middelande, Natal: Ukuthula Lodge

ukuthulaLekkeslaap

Ukuthula Lodge is ’n 300 hektaar private wildreservaat in die Karkloofhuewels, wat uitkyk oor Albert Falls-dam.

Die lodge bestaan uit 6 vierslaapkamer-chalets met grasdakke wat toegerus is vir selfsorg. Elke chalet is elegant versier. Trappe lei vanaf die ruim kamers na houtdekke. Span hier uit, daar sal wel een of ander wildsaktiwiteit wees. Die wildsreservaat het njalas, koedoes, waterbokke, sebras, kameelperde, elande, blouwildebeeste, rooihartbeeste, blesbokke, impalas, grys duikers, tierboskatte, rooikatte, muskeljaatkatte, swartkopjakkalse, vlakvarke en ’n aktiewe voëllewe.

Een van die gewildste wilbesigtigingsplekke is op die hoofdek oor een van hul damme. Groot- en klein soogdiere soos kameelperde en vlakvarke kom les ook hul dors hier.

Daar is ook visvang “jettys” waar jy kan visvang. Bring jou kajak of kanoe, jy kan die stroomversnellings trotseer wat lei na die Albert Falls-dam. Daar is heelwat stap- en bergfietsroetes, so buitelug-entoesiaste sal altyd iets hê om hulself mee besig te hou. Kliek hier vir nog inligting.

Bela-Bela, Limpopo: Waterberg Game Lodge

water

Die Waterberg Game Lodge is net 18 km buite Bela-Bela, geleë tussen damme en welige groen heuwels. Dit is werklik ’n toevlugsoord van rus en vrede. Dit is ’n sakpas-wegbreekkeuse as jy uit die stad wil ontsnap en die bosveld wil verken.

Waterberg Game Lodge bied selfsorg-chalets vir families en ‘n eksklusiewe huis op ‘n heuwel, alles binne 90 minute vanaf Pretoria. Daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite waaraan gaste kan deelneem op die plaas, soos voetslaan, fietsry, visvang, wildritte en voëlkyk. Bring net jou eie bergfiets, visstokke en verkykers. Kliek hier vir nog inligting.

Dullstroom, Mpumalanga: Woolly Bugger

Woollybugger

Woolly Bugger Farm is ’n 270 hektaar plaas tussen Dullstroom en Tonteldoos. Dit is enige kunsvlieghengelaar se droom. Gaste kan lyn natmaak by die twee groot damme vol blinkvet forelle. Stap- en bergfietsroetes op die plaas maak dit vir gaste maklik om die natuur te verken. Rooihartbeeste en blesbokke wandel ook op die plaas rond.

Verblyf in vier luukse klipkothuise wat ver genoeg uitmekaar geleë is om die privaatheid hul gaste te verseker. Die Ginger Quill Kothuis en Blue Dunn Kothuise bied verblyf vir groter gesinne. Elkeen bied slaapplek vir vier gaste in twee dubbelkamers, met die opsie vir nog twee volwassenes of vier kinders op twee slaapbanke in die sitkamer of op stapelbeddens. Ginger Quill Kothuis het ‘n groot leefarea met ‘n kaggel vir die koue nagte. Sedgehog Kothuis bied verblyf vir vier gaste met een slaapkamer op die grondvloer en ‘n solderkamer bo. Half Hog bied slaapplek vir twee gaste in ‘n snoesige oopplan-kothuis. Al die kothuise beskik oor ’n stoep met braaiplek buite en uitsigte oor die damme. Kliek hier vir nog inligting.


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “5 sakpas naweek-wegbreke vir Valies

  • Reply
    Theresa Szejwallo

    Great suggestions and I’ve made a note of these – starting with Clarens. Thanks so much!