Hierdie vyf wenke sal jou reis deur Italië (en die res van Europa) aansienlik makliker maak.

1. Koop ’n plaaslike simkaart

Ek het €30 vir ’n Italiaanse simkaart betaal, wat vir my 200 gratis sms’e, 200 gratis (plaaslike) minute en 2 gigagrepe se inligting gekoop het. As jy, soos ons in ander mense se woonstelle bly waar daar nie ’n ontvangstoonbank is nie, moet jy in kontak bly met jou gashere. Treine word vertraag, of jy kom vroeër as wat jy verwag het by jou verblyf aan en wil dan nie voor dooieman se deur staan nie. Swerfkostes (waar jy oorsee van jou Suid-Afrikaanse selfoonnetwerk gebruik maak) bly belaglik duur, daarom sal jy meer geld spaar om net van die begin af ’n plaaslike simkaart te koop. Daar is talle winkels op die Roomse lughawe wat selfoonkaarte koop en jy het net jou paspoort nodig, sodat hulle jou besonderhede kan registreer.

2. Koop jou kaartjies op die internet

Ek het ons toegangkaartjies tot die Vatikaan aanlyn gekoop, dit is €4 duurder as wat jy dit by die Vatikaan self koop, maar jy spaar jouself ongeveer 3 ure se rystaan. Die Roma-pass, wat ons ook gekoop het by die lughawe laat jou ook toe om die lang rye vry te spring, omdat daar ’n spesiale en aansienlik korter ry is vir dié tipe kaarte. Dis nie net in Rome en Italië nie, meeste Europese toeristeaantreklikhede laat jou deesdae toe om kaartjies oor die Internet te koop.

Die Colosseum en Romeinse Forum in Rome.

Die Colosseum en Romeinse Forum in Rome.

3. Laai vir jou apps af

Opsoek na ’n aanbeveling vir ’n lekker restaurant in jou area? Tripadvisor is ’n ou bekende, maar die webwerf en app bly vir my ’n bron van uitstekende inligting wanneer ek reis. In Siena het ons by La Taverna di San Giuseppi geëet, ‘n restaurantjie wat in ’n stegie weggesteek was. Op Tripadvisor word sy lof besing en is volgens Tripadvisor se gebruikers die beste restaurant in Siena. Ons moet Google Maps inspan om hom te vind en sonder dié tegnologie sou ons nooit op hom afgekom het nie. Terloops, dit was een van ons beste maaltye in Italië en die eerste keer wat ek kalfmilt op bruschetta geëet het.
Triposo bly ook ’n staatmaker, jy kan verskillende apps van verskillende stede aflaai op jou slimtoestel, dis basies soos ’n gratis reisgids op jou tablet of slimfoon. Vind hulle by Google Play op Android-toestelle en by die Apple Store op iOS-toestelle.

Siena is een van Toskane se mooiste stede.

Siena is een van Toskane se mooiste stede.

4. Begin nou al maar oefen

Stap is die beste manier om rond te beweeg in Europa. Dis veilig, gratis en só leer jy ’n stad en sy geheime beter ken. As jy egter onfiks is, gaan jy swaar trek, omdat jy baie trappe moet klim, rondstaan in rye en jou tas by trappe en steil stegies moet op en af karwei. Benewens vir lig pak is dit ’n goeie idee om so drie maande voor jou reis te begin oefen. Probeer elke dag vir so uur vinnig stap en doen oefeninge om jou rugspiere sterker te maak. Drentel kan jou laerug martel. Pak ook lig, dis nie snaaks om ’n 18kg toksak by 5 stelle trappe op te sleep nie.

Die Cinque Terre in die Liguria-streek, in die Noorde van Italië.

Die Cinque Terre in die Liguria-streek, in die Noorde van Italië.

5. Elke man vir homself

Suid-Afrikaners is gawe mense, ons sê askies wanneer ons aan iemand stamp of op sy tone trap. As iemand voor ons indruk brom ons, maar bly stil want ons wil nie ’n scene maak nie. In Europa vergeet jy van jou maniere, want dan gaan jy tweede kom. Jy gaan moet meeding met toergroepe vol Chinese en Russe wat voor jou indruk en maalkolke vol mense. Die Sistynse Kapel het meer gelyk na ’n mosh pit as ’n plek van aanbidding. Daarom moet jy jou man staan. As iemand ’n kans probeer vat, vertel hom vriendelik maar ferm waar die ry begin. As ’n Chinese tannie haar selfiestok voor jou foto indruk, verduidelik vriendelik maar ferm dat jy besig is om ’n foto te neem. En as niks werk nie, skel maar in Afrikaans. Dit klink glo vreesaanjaend vir vreemde ore.

In Rome is daar talle besienswaardighede in die strate wat net wag om ontdek te word.

In Rome is daar talle besienswaardighede in die strate wat net wag om ontdek te word.


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

22 thoughts on “5 Maniere om makliker deur Europa te reis

  • Reply
    ELMA STEYN

    Fascinating information. I visited ROME twice with tour groups, but this time I want to do it on my own, because I can get to see so much more.

    Thanks for the information. If you have any more tips on how I can do it, please e mail me or refer me to other sources of valuable info.

  • Reply
    Gerda Smit

    Jy gee uitstekende raad! Ek is sopas terug van Europa(3 dae Parts, 3 dae Amsterdam en 2 weke met trein+ vlieg deur Italie met my dogter en haar 2 vriendinne-25 jaar oud) ek self is 55 jaar. Dit was my 3de Europatoer op verskeie maniere. Die laaste een het ek alles self beplan en presies alles ervaar en gedoen wat jy voorstel. Jy moet die stamina he vir lekker rondloop en explore. Die simkaart het ek ook gekoop in Italie. Die gestamp en jou privaatspasie wat kort- kort- van jou weg gevat word is alles deel van die toer. Tasse self sleep en verdiepings na bo moet DRA was ook ons voorland. Die 3 jonge dames se monde was dikwels opgeblaas, ek het hul voor die tyd gewaarsku, maar ek dink hulle het gedink hulle sal met alles kan cope. Toe nie! Nie fiks genoeg gewees nie en daar is been tyd vir primadonnas nie! Toer is heerlik

    • Reply
      Die Reismier Post author

      Ek stem saam Gerda! As jy geld wil spaar en ‘n avontuur wil hê, moet jy somtyds uit jou gemaksone beweeg.

      • Reply
        Annali

        Baie waar! Ek en my man is 67jr oud en ons is oor 2 weke vir die 3de keer op pad Turkye toe en dan na ons kinders in die UK. Het al die afgelope paar jaar Europa platgestap! Ek doen ook alle besprekings en be planning self op die internet en soos jy se, Tripadvisor is van onskatbare waarde. Ook baie waar wat jy se dat stap die beste manier is om die vreemde te verken. Ai, hoe fantasties lekker om daardie ou klipstraatjies te verken en met almal te gesels, al is dit meestal gebare taal!
        Ons is mal oor Italie, maar het ons harte verloor in Istanbul.
        So bly ek het vanoggend van jou website op RSG gehoor. Gaan dit nou gereeld besoek!

        • Reply
          Die Reismier Post author

          Baie dankie vir jou ondersteuning! Turkye is beslis ‘n belewenis, my gunsteling deel is die dorpie Goreme in Kappadosië. Istanboel is ook ‘n belewenis, ek droom nog van hul vye, kersies en doner kebabs!

          • Annali

            Was verlede jaar vir 4 dae (5nagte) in Goreme. Wat n wonderlike ervaring! Maar hopeloos te kort. Ons het die oornag bus uit Istanbul tot daar geneem. Turkey se bus stelsel is baie modern en bekostigbaar en deur oornag te reis, mors jy nie n dag van jou vakansie nie. Ons het sommer daar plaaslik n motor gehuur en oral gery. Soveel hoogtepunte, die Ihlara Vallei waar die Turkse vroue vir ons gozleme gemaak het met die heerlikste vulsels, die ondergrondse stad, Kaymakli, besoek asook Avanos se pottebakkers. Laat middae wanneer dit koeler was, het ons die verskillende valleie gaan stap, Zemi Valley, Rose Valley en Swords Valley. Ek kry hoendervleis van lekkerte as ek daaraan dink! Wil beslis teruggaan.
            Ons maak altyd gebruik van Booking.com vir verblyf. Het nog altyd baie goeie diens van hulle gekry. Baie hulpvaardig as daar n problem opduik.

          • Die Reismier Post author

            Booking.com en Villas.com vir selfsorg is ‘n wenner. Ek sal beslis op jou knoppie druk as ek weer Turkye toe gaan, dit lyk asof jy ‘n kenner is!

          • Annali

            En, o ja, dit was vyetyd toe ons daar was. Het vye en kersies op die markte geeet dat dit by ons ore uitgekom het! Heerlike vars groente en vrugte op die markte en goedkoop. Mens kan jou trommeldik eet as jy kos koop op die markte en jou Rand lekker rek!

          • Osie

            Hi Ons het jou gesels op RSG geniet en lekker aansteeklik gevind. Ek en my vrou beplan volgende jaar April/Mei om gedeeltes van Oos en Suid-Oos Europa te doen . Lande is hoofsaaklik Turkye en Griekeland en dan meer noord Poland,Chech Republiek, Oostenryk en Hongarye.
            Ons het voor verlede jaar die hele Kroasië vir ‘n maand lank met ‘n “Camper” getoer. Wonderlik om in jou huis te slaap en te kamp waar jy wil in netjiese kampterreine. Is dit moontlik in die dele waar ons wil toer? Is daar voorsiening vir kampplekke in en om die groot stede en miskien ook in die platteland? Ek kan net kampplekke langs die Baltiese see opspoor.
            Dankie vir al jou nuttige wenke. Dit maak toer net soveel makliker
            Groete
            Osie

          • Die Reismier Post author

            Beste Osie, dankie vir die mooi woorde.
            Ek sal voorstel dat jy Turkye en Griekland met publieke vervoer doen en oorslaap in Airbnb verblyf, die publieke vervoer is uitstekend is dit bietjie moeilik om met ‘n kampeervoertuig tussen die verskillende eilande te “island hop”.
            Die webwerf is ‘n uitstekende bron van inligting oor verskillende kampterreine in Europa, dis amper die “tripadvisor” van kamp. Mense kan ook vir hulle beoordeel, so jy is seker daarvan dat jy nie in ‘n “hool” inkruip nie. http://en.camping.info.
            As julle Tjeggiese Republiek toe gaan, moet jul ‘n draai in Cesky Krumlof gaan maak, ek was self nie daar nie, maar het vriende wat al daar was en hulle is gaande oor die plek. Gaan kyk gerus hier vir verblyf: http://www.camping-paradijs.eu

          • Francois du Plessis

            Ek sien dat Turkeye ‘n gunstelingplek is vir baie [Annali]. Ek sal bly wees vir web-adresse en aanbevelings om ‘n 10-dae toer in Augustus te beplan.

          • Die Reismier Post author

            Hi Francois
            Turkye is inderdaad prentjiemooi en daar is baie om te doen. Iets wat ek beslis sal voorstel is om twee nagte in Goreme, ‘n sprokiesdorpie in die Kappadosië-streek deur te bring. Dis een van die mees besondere plekke wat ek al gesien het.
            Istanboel kan jy beslis drie dae deurbring, die markte alleen is ‘n besoek werd, asook die geskiedkundige aantrekkings soos die Hagia Sofia en die Blou Moskee. Jy kan dit ook miskien oorweeg om so paar dae op ‘n Gulet deur te bring. Busabout se pryse is billik en sluit baie in. http://www.busabout.com/europesailing/turkey-sail
            Die Fezbus is ‘n handige manier om rondom Italie te reis en uitstekende publieke vervoer. Jy kan die toermaatskappy wat dit reël, Fezbus kontak vir meer besonderhede. http://www.feztravel.com
            As dit kom by verblyf sal bookings.com en airbnb jou baie help. Beide het filters om verblyf so reg binne jou begroting te vind.
            Laastens stel ek voor jy belê in ‘n Lonely Planet-gids oor Turkye, die gidsboeke is nie sonder rede menige reisiger se reisbybel nie. Geniet dit!

          • Annali

            Hi! Pas terug van Turkye en die kuier by ons kinders in die UK. Weereens heerlik rondgerits en het weer baie kennis opgedoen van busse en treine! As ek enigeen kan help, vra maar.
            Ons wil graag volgende jaar die Republiek van Georgia besoek via Turkye (ja, al weer Turkye!)
            As enigiemand dalk vir ons bietjie inligting kan gee oor Georgia? Iemand wat dalk daar was? Wil veral weet of daar enige forms is wat moet ingevul word voor ons oor die grens gaan vanaf Turkye na Georgia? Ek weet ons benodig nie n paspoort nie, maar is nie seker van enige ander grenspos forms nie?
            Dankie weereens vir julle wonderlike baie interressante webwerf.

  • Reply
    Estelle Bonthuys

    Ons wil volgende jaar — 2016 n Europa toer maak, kan jul vir my vir die 1 X maand n toer neerskryf waar en wat. ?
    Ons wil Italia, Frankryk , Spanje,Duitsland.
    Ons hou van kunste, oudhede, Platteland, olyfboerdery, Laventel. Pottebakkery, skilder.

    Baie dankie.

  • Reply
    Bernice

    Om self te beplan werk soveel beter en ek stem – koop kaartjies aanlyn en voor die tyd. Ons het so paar weke gelede teruggekom van ‘n 2 weke vakansie in Frankryk. Volgende jaar is dit Italie se beurt en ons kan nie meer wag nie. Altyd lekker om ander se wenke te lees!

  • Reply
    Kallie

    Hallo Reismier. Dankie vir die nuttige info. Ons het die malperd opgesaal om end Junie, begin Julie 2016 Frankryk en Italie te besoek. Die keer is daar twee kinders by (12 en 16). Ons het `n begroting van 200 euro`s per dag en beplan om oorwegend te kamp. Sal dit genoeg wees? Ons gaan met motor ry. Stel jy voor dat ons nou reeds deur booking.com Ibis hotelle bespreek. Kan ons die kans vat om net op te daag. Ons besoek Parys voor skoolvakansie. Dankie by voorbaat. Kallie

  • Reply
    Christine du Toit

    Ek reis graag en geniet dit om julle webtuiste te besoek en te lees. Ek gaan vir 10 nagte in San Gimignano bly, eerste helfte van November. Die vervoer na ander dorpies lyk moeilik. Kan julle miskien aanbeveel hoe mens dit moet hanteer? Sal graag Sienna, Volterra en Lucca wil besoek.