Hier is die vyf voorlopers vir die #ReismierAvontuur-fotokompetisie, in samewerking met Lekkeslaap en Printwild. Laat weet ons voor 27 Augustus watter foto is jou gunsteling. Die wenner wen ‘n wegbreek van sy keuse ter waarde van R2000 van Lekkeslaap. Die naaswenner wen ‘n R1000 geskenkbewys van Printwild.

RA2_kamp

1. Wiehan Swanepoel se foto beeld die lekkerste deel uit van kamp en stap; daai koppie koffie rondom
‘n kampvuur. Wie gee nou om as die kampvuur ‘n klein Primus-stofie is? ‘n Mens kan sommer die moerkoffie
ruik. Hy het die foto geneem tydens ‘n staptoer in Golden Gate in die Vrystaat, saam met sy universiteitsvriende.

RA9_fontein

2. Pleks daarvan dat Johan Combrinck nóg ‘n foto neem van ‘n mooi gebou, soek hy ‘n ander benadering,
deur die strale van ‘n spuitfontein. Hy het die foto by Schloss Schönbrunn in Wene, Oostenryk geneem.

RA1_Tanya

3. Wie sê jy moet ver ry om ‘n avontuur te hê, of op vakansie gaan? Tanya Theron se man, Evert het
die foto van haar geneem toe hulle een middag besluit het om na werk branderplank te gaan ry.
Die foto is geneem in Kommetjie, in die Wes-Kaap.

IMG_3617-3

4. Marina Labuschagne het die foto geneem op pad na die Spitzkoppe in Namibië. Daai blou lug en oop pad maak die swerflus binne ons harte wakker.

CMWW5V9VAAErQFT.jpg-large

5. Die enigste ding beter as ‘n ‘roadtrip’ is ‘n ‘roadtrip’ in ‘n koel, vintage motor. Die ou motor en sonstrale
laat ons terugverlang na ou verfloë dae, rock en roll op die radio en goedkoop petrolpryse. Hennie Cronje
het die foto tussen Harrismith en Verkykerskop geneem.


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

8 thoughts on “5 finaliste van die #ReismierAvontuur-fotokompetisie