In Tafelberg se skadu is daar ’n groot verskeidendheid restaurante, bistro’s en straatkafeetjies wat pragtige tuine, romantiese binnehowe en gesellige stoepe het.

Noudat die weer warmer word, is dit tyd om jou somerrok aan te trek, jou vriende nader te hark en in die buitelug te kuier. Hier is ons top vyf restaurante in Kaapstad se middestad om die soel somersweer van die Kaap te geniet.

1. BistrotBizerca

Die bistro is geleë in Kaapstad se historiese Erfenisplein en bied heerlike, vars gehalte kos teen billike pryse. BistrotBizerca het ’n intieme, ontspanne binneplein wat besoekers skuilig bied teen die Kaapse hitte (en Suidooster) met ’n skadunet en Kaapstad se oudste wingerd. Hier kan jy Frans-geïnspireerde disse geniet vir middag -of aandete, of sommer net uitspan met ’n glas wyn in die hand en ’n paar ligte happies tussenin. Die bistro bied uitstekende diens en daaglikse specials. Hulle is ook nie suinig met hul porsies nie.
Shortmarketstraat 98, Kaapstad. www.bizerca.com Bizerca

 

2. Bedouin Café & Deli

Proe die Midde-Ooste by Bedouin Cafe en Deli. Hier gebruik hulle lahneh-kaas, wat van skaapmelk gemaak word in hul spesiale disse. Die restaurant was eers in Woodstock geleë, maar het onlangs na die Cape Quarter-leefstylsentrym geskuif, waar die restaurant uitkyk op die piazza. Ons beveel die meze-borde en hul spesiale koffies aan. Dit is net die plek vir ’n sake-ete, as jy jou kreatiewe kant aan die gang wil kry.
Cape Quarter leefstylsentrum, Piazza, winkel 24. www.facebook.com/BedouinDeli

Labneh
 

3. Café Mozart

Cafe Mozart is reg in die hartjie van die Kaapse middestad en is al vir meer as 30 jaar ’n gunsteling onder die plaaslike inwoners. Die straatkafeetjie kyk uit oor die Kerkstraat se Antieke mark, een van Kaapstad se oudste markte. Jy kan nie vra vir ’n beter ligging om mense te beloer nie. Dit word omring deur kunsgalerye en antieke winkels, met interessante karakters wat kom en gaan. Die middagtee word aanbeveel, maar ’n luilekker noenontbyt op ’n Sondag is ook nie te versmaai nie.
Kerkstraat 37, Kaapstad. www.facebook.com/CafeMozart

Cafe Mozart

 

Yours Truly

Maak die beste van Kaapstad se lang somersdae en maak na werk ’n draai by Your’s Truly se Kloofstraattak. Hulle toebroodjies is heerlik en hul pizzas word regtig aanbeveel. Die stoep buite is die ideale plek om drankies saam met vriende en werkskollegas te geniet.
Kloofstraat 73, Kaapstad, of Langstraat 175, Kaapstad. www.yourstrulycafe.co.za

YoursTruly

 

Maria’s Greek Café & Restaurant

Bring sommer vir Wagter saam as jy die Griekse restaurant besoek, dit is troeteldiervriendelik. Die restaurant is een van Kaapstad se oudste Griekse restaurante en bestaan sedert die 1950’s. Dit is geleë op die pragtige boomryke Dunkley Square. Alle honde word ’n bak water aangebied, sowel as skaapbene waaraan hul kan kou. Regulars raak liries oor oor lamsvleistoebroodjie.
Barnettstraat 31, Dunkley-plein, Kaapstad. www.facebook.com/MariasGreekCafe

Marias


Kommentaar

Your email address will not be published. Required fields are marked *

One thought on “5 beste buitelugrestaurante in die Kaapse middestad