Panama: Cuba Libres het nie brieke op Bocas-eiland nie.

Die eiland, Bocas del Tora in Panama is ’n paradys van seesterre, eenrat Cruiser-fietse en happy hours, skryf Carina Jooste. Reiswenk nommer een in Sentraal-Amerika: Pak jou pluisstofbaadjie in wanneer jy ’n nagbus na ’n nuwe bestemming neem. En ’n tweeliter bottel sherry. Suiwer alkohol sal ook werk. Die gemiddelde temperatuur op die nagbus wat […]

Panama

Die restautant het 'n pragtige uitsig oor die Wieg van die Mensdom.

Wieg van die Mensdom: Sondagmiddagete by Le Sel @ The Cradle

Marlise Scheepers het al talle kere verby Le Sel @ The Cradle in die Wieg van die Mensdom gery, maar nog nooit afgedraai en gaan inloer nie. Na ’n lang, lui Sondag-middagete by die restaurant het dinge der mate so verander. Dis ’n plek waar ek beslis ’n gereelde kliënt kan word. Die restaurant se argitektuur skep […]


Nashville: Kom kuier in Dolly en Willie se wêreld

Marlise Scheepers is ’n musiekmens. En vir musiekmense is ’n besoek aan Nashville, Tennessee die gelyke van ’n heilige pelgrimstog. Dis nou as jy lewendig daar uitkom. Nashville, die musiekstad. Dis die tuisdorp van countrymusiek-legende, Dolly Parton. Moet asseblief nie neersien op Dolly Parton nie, liewe vriende, sy het baie meer geld as enige een […]

Nashville7

Nic-van-Wyk-1

Kokkedoor-sjef se Syrah-wildsvleislende

Sjef Nic van Wyk, befaamde Kokkedoor-sjef meen wildsvleis en Syrah is net die regte ding om die koue te verdryf. Nic se wynkeuse vir die wintermaande wat voorlê, is die 2012 Creation Syrah. Dié elegante wyn, wat onder koel klimaatsomstandighede verbou is, is aromaties, met geure van kersies, aangevul deur peper en viooltjie. Talmende vlagies […]


Wenners van die #MySA-fotokompetisie, geborg deur Cape Union Mart 1

Eerste plek: Riaan Victor se Tafelberg Tafelberg is vir Suid-Afrika wat die Vryheidsbeeld vir die VSA is. Dit is een van ons land se ikone en duisende, (indien nie miljoene) foto’s word jaarliks van die landmerk geneem. Die gevolg is dat dit gou in ’n cliché kan verander; die ge-ykte prentjieposkaartfoto wat ‘n mens so […]

unnamed-4

Stone Kitchen-79

Dunstone: Dis ‘n hondelewe op dié wynlandgoed

Dis maar ‘n hondelewe op die Dunstone-wynlandgoed, skryf Yolandi Groenewald Dis ten minste wat Dunstone se plaaslike inwoners, Merlot die Rhodesiese rifrug en Shiraz-Merlot, die Weimaraner dink. Die twee nuuskierige agies begin al klaar om die kar sirkel toe ons by die boetiekwynkelder inry. Daar is orals hondemotiewe op die plaas. Hulle staan wag by die hek, […]


Vyf finaliste van die #MySA-fotokompetisie 18

Hier is hulle! Die Reismier het kopgekrap en gekibbel en besluit dit is die vyf foto’s wat die #MySA-tema die beste uitbeeld. “Straatmusikante”, Johnny Barrington Suid-Afrika is ’n diverse land en dit word pragtig uitgebeeld in Johnny se foto. “Die twee mans is straatmusikante en lede van Mr Pietersen and The Guys-groep,” sê hy. Ons […]

unnamed-5

Bushfire Swaziland: So asof die lewe ’n musiekfees is

Musiekfeeste dóén goeters aan ’n mens se gemoed, skryf Hannes Myburgh ná ’n naweek by Bushfire, Swaziland se grootste musiekfees. Kortstondig hou ons hande vas, ’n paar sekondes van ironiese hartseer solidariteit terwyl vrolike Salsa-ritmes oor die wiegende skare spoel in die wye Swazi-vallei. Verlore liefdes, myne akkuut, hare ’n langdurige hopelose hoop, en die […]

Colombia se LA-33