Kuns, kultuur, karakter - Swaziland maak reg vir die internasionale Bushfire-musiekfees. Foto: Verskaf

Musiek in Swaziland se berge  

Swaziland se wye Ezulwini-vallei speel jaarliks gasheer vir dié koninkryk se internasionale Bushfire-musiekfees. Duisende toeskouers stroom die naweek na House on Fire, ’n plaas -en feesterrein waarvan die geboue ’n mens aan die skeppings van die eksentrieke Spaanse argitek, Antoni Gaudi herinner. Hier word daar ’n naweek lank tussen die mielie-en suikerrietplantasies makietie gehou, terwyl musikante en ander […]


Suurlemoentert-roulade van Food Routes

As die idee van ’n kookkursus tydens ’n wegbreek jou mond laat water dan is Food Routes – ’n aanlyn-gids tot verskeie ‘eet, drink, en slaap’-avonture in Suid-Afrika – net die ding om jou innerlike Mastersjef te bederf. Tydens een van Food Routes se kulinêre vakansies kan smulpape hul verlustig in kooklesse in van die mooiste areas […]

Lemon Meringue roulade by BK

Renosterberg

Eerste foto’s van #MySA-fotokompetisie 2

Hier is die eerste foto’s van die #MySA-fotokompetisie, geborg deur Cape Union Mart. Skryf in en wen jou gedeelte van R5000 se geskenkbewyse. Die Reismier en Cape Union Mart is opsoek na reisfoto’s wat die skoonheid Suid-Afrika uitbeeld. Daar is lekker pryse op die spel. Die wenner van die kompetisie kry ’n R3 000-geskenkbewys van Cape […]


De Hoop: Luukse selfsorg tussen die fynbos 2

Kom ervaar die stilte en ongereptheid van die De Hoop-reservaat buite Bredasdorp en omsingel jouself deur fynbos en bontebokke, skryf Yolandi Groenewald Die opgewondenheid is tasbaar in die kar toe ek en my gesin die eerste bontebok sien, net so skuins voor die afdraai van De Hoop Natuurreservaat se Opstal-kompleks. “Dis amper soos ’n gestreepte blesbok,” sê my […]

De Hoop bied van die beste snorkelplekke in die land. Foto: Yolandi Groenewald

6423 Cape Union Mart logo new

Wen groot met ons #MySA-fotokompetisie 5

Hoe lyk jóú Suid-Afrika? Is dit die buitelyne van ’n windpomp agter ’n sonsondergang, of ’n helder glimlag van die reënboognasie? Deel jou trots Suid-Afrikaanse foto in Die Reismier en Cape Union Mart se #MySA-fotokompetisie en wen groot. Die kompetisie is nou gesluit. Die reiswebwerf Tripadvisor het onlangs Suid-Afrika as een van die lande wat hul gebruikers […]


Ek, my paspoort en Duitsland

As jy eers vasgevang word in die roetine van ’n dorpie soos Naboomspruit in Limpopo dink jy soms jy’t jou paspoort nodig om die Jukskei-rivier oor te steek. Annami Mailovich het gedink sy sal Suid-Afrika nooit verlaat nie. Op 15 het sy van die FSA-leerlinguitruilprogram gehoor, aansoek gedoen en haar tasse vir Duitsland gepak.  Dís wat gebeur as ’n […]

Sendlinger_Tor_Muenchen_2004

Die dekor is die van 'n seeparadys.

Views, Wildernis: Tweede wittebrood met die kroos

Kan jy ’n romantiese wegbreek én ’n gesinsvakansie hê? Yolandi Groenewald meen dis moontlik ná ’n besoek aan Views in Wildernis. By die Views-boetiekhotel se ontvangs is daar ’n teleskoop. Kort-kort is daar ’n gas wat aan die teleskoop vroetel en oor die see tuur. Dis ook geen wonder nie, want as daar al ooit ’n hotel was wat […]