Daar is ’n spinnekop op my sjampoe!

Wat is dit met ablusieblokke wat lyk asof dit die rolprentstel van Arachnophobe kan wees, wonder Carla Lewis-Balden. As ek ’n entomoloog was, sou ek al my navorsing in kampterreine se ablusiegeriewe gedoen het. Daar is amper altyd vyf tot tien verskillende spesies insekte wat teen die plafon, in hoekies of selfs in die toilet se […]

solifugae_78

monnikies

Waar in die wêreld, Kittie? 3

“Waar in die wêreld, Kittie?” is ’n nuwe maandelikse kompetisie wat ons op die laaste Vrydag van elke maand gaan hou. Vertel vir ons waar dié foto geneem is en wen ’n prys. Vandeesmaand kan jy ’n R250-geskenkbewys van Kalahari wen. Leidrade 1. Die eerste Tomb Raider-rolprent is hier geskiet. 2. Dis geleë in die land waar Angelina Jolie […]


’n Bly soos ’n local met Airbnb 2

Oos wes, tuis bes. Of so glo Airbnb, die multimiljoenrand-huisuitverhuringdiens wat ’n opskudding in die hotelbedryf veroorsaak. Yolandi Groenewald vertel meer. Luukse, maar onpersoonlike hotelkamers is ou nuus. Deesdae is die beddens van vreemdelinge die nuwe Hilton. Al wat ’n local is in stede soos Stockholm, San Francisco, Parys of Tokio verhuur nou ’n woonstel of gastekamer om ’n vinnige […]

Van Airbnb se gashere gaan uit hul pad om hul gaste tuis te laat voel.

Musiek in die berge

Sjebien-bande buite Bergville

Drie Bosvelders ry tesame. So saam-saam het hulle met kronkelpaadjies berge en dale ontdek, slaggate trotseer en soos wafferse sjebien-queens saam met die plaaslike adel ’n bier of twee gedrink. Annami en Claudi Mailovich skryf oor hul Drakensbergse avontuur saam met die soutie, Tracy Cleet.


’n Rivier-avontuur op die Breede

Kat Potgieter het die waters van die Breederivier aangedurf tydens ’n river rafting-ekspedisie saam met OBiKWA-wyne en Bundi Adventures. As jy die waters van die Breederivier saam met Bundi Adventures wil aandurf, maak seker jou wekker is vir vroeg gestel. Die Bundi-span wil jou so gou as moontlik by hul kampeerterrein naby Worcester, rég op die skone […]

Bundi_1

Hier is die wenner van die OBiKWA-Reismier-fotokompetisie 2

Die wenner van die OBiKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie is Mauritz en Lerone Lazenby se foto van ‘n veld vol Canolablomme. “Ek en my man het in 2013 die Kaap besoek,” vertel Lerone.  Ons vir die naweek van Kaapstad na Stilbaai toe gery en is verstom gelaat deur die plate en plate Canolablomme.  Ek is ‘n deeltydse fotograaf en […]

Daar is 'n OBiKWA-wyn vir elke dag van die week.

Woestyn

5 redes waarom jy Namibië moet besoek

Carla Lewis-Balden deel haar vyf gunsteling-dinge van Namibië   1. Die Dooie Vlei by Sossusvlei Wanneer die Namib-Naukluft Nasionale Park soggens sy hekke oopsluit, stroom almal eers na die Big Daddy-duin om dié mafoeta uit te klouter. Vergeet van die duin, jy wil so gou as moontlik by die Dooie Vlei uitkom om die stukkie […]


Die OBIKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie se 5 finaliste 32

Hier is hulle! Ons het ons vyf gunsteling-foto’s gekies. Die wenner word Dinsdag, 11 Maart aangekondig. Samsung kraai duidelik koning onder Reismier se lesers. Al vyf ons voorlopers vir die OBiKWA-Reismier-selfoonfotokompetisie het hul inskrywings met ‘n Samsung-selfoon geneem. Die foto’s gaan vandeesweek deur ‘n paneel beoordeel word, wat bestaan uit Cornel van Heerden, ‘n bekroonde fotograaf van […]

Canola Fields